Die Londense SWAN’s nooi jou om saam met mede-Maties Roxanne Botman en Lisa Varga op Dinsdag 21 Maart 2023 by Heist Bank bymekaar te kom. Die geleentheid vorm deel van die wêreldwye viering van Internasionale Vrouedag op 8 Maart.
Vanjaar se tema vir Internasionale Vrouedag is #EmbraceEquity, wat ʼn beroep op ons almal doen om ‘n geslagsgelyke wêreld voor te stel. ‘n Wêreld vry van vooroordeel, stereotipes en diskriminasie. ‘n Wêreld wat divers, billik en inklusief is. ‘n Wêreld waar diversiteit waardeer en gevier word.
Sluit asseblief aan by Roxanne en Lisa en neem deel aan ʼn gesprek oor hoe ons as vroue ons verskille kan vier en waardeer. Hoe ons die onderskeie gonswoorde uiteen kan sit sodat ons ons rol in die daarstel van billikheid beter
kan begryp en daardeur meer bemagtig kan word. Hierdie opwindende gesprek word gemodereer deur die SWAN Londen‑leier, Lani Swart.
Klik HIER om meer oor ons moderator en paneelgaste uit te vind.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Dinsdag 21 Maart 2023
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: The Games Room at the Heist Bank, 5 N Wharf Rd, London W2 1LA.
Drankies en versnaperinge word voorsien.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na darrynh@sun.ac.za teen Vrydag 3 Maart 2023
*Spasie is beperk en daar is slegs 50 plekke beskikbaar. Bespreek daarom vroegtydig om jou plek te verseker.
Koste: Ons moedig ons alumnae aan om, in stede van bywoningskoste, ‘n bedrag van minstens £30 aan ons #EndPeriodPoverty-veldtog te skenk.
#EndPeriodPoverty
Die gebrek aan toegang tot sanitêre produkte is ‘n groot probleem wêreldwyd en het ‘n massiewe impak op die waardigheid, opvoeding en werksproduktiwiteit van vele Suid-Afrikaanse vroue.
Twee-en-twintig miljoen Suid-Afrikaanse vroue het elke maand hul maandstonde, en 35% van hulle moet kies tussen kos of ‘n sanitêre produk.
Daar is soveel as vier miljoen vroue wat maandeliks opvoedings- en opleidingsgeleenthede vir gemiddeld vyf dae van ‘n maand misloop weens die gebrek aan toegang tot sanitêre produkte.
Maandstonde‑armoede ontmagtig veels te veel vroue in ons samelewing en aan ons Universiteit.
Dit kan aangespreek word. Deur die #EndPeriodPoverty-veldtog te ondersteun, gee jy die Universiteit Stellenbosch die geleentheid om toegang te vergemaklik tot bekostigbare en/of gratis plaaslik vervaardigde eko-vriendelike sanitêre produkte.
(Moet asseblief NIE anoniem skenk nie, omdat ons dan nie jou skenking aan jou bywoning kan koppel nie. Onthou om jou skenking te maksimaliseer deur ons liefdadigheidsorganisasie in die VK in staat te stel om belastingverligting vir jou skenking van die HMRC te eis. Skenk gerus meer as £30, want elke sent wat geskenk word, maak ‘n wesenlike verskil aan ons toekomstige mede-alumnae by die Universiteit Stellenbosch. Jy is ook welkom om te skenk al kan jy nie op 21 Maart by ons aansluit nie.)
Ons SWAN’s is oor die hele wêreld versprei en ons wil graag met soveel as moontlik van julle in aanraking kom. Stuur gerus hierdie uitnodiging aan mede-alumnae en moedig hulle aan om hul jongste kontakinligting na darrynh@sun.ac.za te stuur.
Ons sien regtig uit daarna om julle te ontmoet, so RSVP asseblief vroegtydig om jou plek te verseker.