Daar is ‘n paar opwindende alumni-geleenthede wat ons vir Mei in die Overberg beplan, en jy is genooi.
Maties Elgin stel bekend: Alumni Gesels
Die Maties Elgin-takkomitee het ‘n Alumni Gesels-reeks begin met die gedagte om jou elke kwartaal ‘n geleentheid te gee om met ‘n verskeidenheid interessante onderwerpe om te gaan.
Sluit by mede-alumni aan wanneer prof Johan Fourie, skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom en self ‘n Matie-alumnus, ons neem op ‘n verrykende geskiedenisreis vanuit ‘n Afrika-gerigte oogpunt waarop hy die verhaal van die wêreld se lang pad na ‘n beter toekoms uitstip.
Hoe het Einstein gehelp dat Eskom gestig is? Hoekom kan ‘n Indonesiese vulkaan die Groot Trek verklaar? Wat het wyle Koning Zwelithini en Karel die Grote gemeen? Dit is ‘n paar van die vrae wat prof Fourie ondersoek in hierdie toeganklike ekonomiese geskiedenis wat alles vanaf die mensdom se migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot die Covid-19-pandemie oorspan.
Plek: Paul Clüver Wines – Aanwysings
Datum: Woensdag 10 Mei 2023
Tyd: 18:00
Koste: R150 (ingesluit: ligte ete en glas wyn)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou plek te bespreek. Ons gee die betalingsbesonderhede nader aan die datum.
Moenie hierdie intellektueel stimulerende geleenthede misloop nie. Sluit by ons aan om die Matie-netwerk saam op te bou.