Loading Events

Maties Ingenieurswese Uitnodiging

Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge by die Universiteit Stellenbosch nooi jou graag na ʼn netwerk-skemerkelkiegeleentheid in Sandton, aangebied deur die Fakulteit Ingenieurswese en die Johannesburgse Maties Alumni-tak.

Sluit aan by prof Wikus van Niekerk, Dekaan van die Ingenieursfakulteit, mede-Maties, navorsers en industrie-vennote vir ʼn uitstekende geleentheid om bande te smee, te netwerk en te leer oor die nuutste ontwikkelinge in die veld.

Besonderhede van die geleentheid

Datum: Vrydag 26 Mei 2023
Plek: Hilton Sandton Hotel, Rivonia-weg 138, Sandton, Gauteng
Tyd: 17:30
RSVP:  Stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za om te RSVP en jou plek te bespreek.

Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.