Maak jou oë toe en verbeel jou die Bolandse lente, heerlike kosgeure in die lug, en net die beste geselskap… Kry nou jou vriende bymekaar en maak daardie verbeeldingsvlug ’n realiteit.
In samewerking met nege wynplase en ons wynmaker alumni bied ons ’n proesessie van hulle beste wyne aan. Vir diegene wat iets nie-alkoholies verkies, sal The Raw Berry Press ook daar wees om van hulle uithaler koudgeperste sappe te bedien.
Terwyl jy met sowel bekende as nuwe gesigte kuier, bederf ons jou met ’n aand van eersterangse vermaak deur kunstenaars soos Koos Kombuis en ons bekroonde Universiteit Stellenbosch Koor. Snuffel ook gerus deur ’n skatkis van herinneringe by ons Matie Herinneringe uitstallin.
PLEK: Alumniklubhuis
KOSTE: R150 per persoon (sluit glas en proe-koepons in)
BESPREEK JOU KAARTJIE: Skakel