Jy word hartlik uitgenooi na ons eerste Maties-wynklub virtuele wynproe-sessie vir 2023. Sluit asseblief aan by mede-Maties in Europa, waar jy die geleentheid sal kry om herinneringe aan Stellenbosch te deel terwyl ons na die ikone van die wynbedryf luister en aan ons gunsteling Suid-Afrikaanse wyne teug.
Vir ons eerste wynproe-ervaring van die jaar het ons saamgespan met die bekende Kleine Zalze-wynlandgoed, net buite Stellenbosch. Met ‘n wynmaakfilosofie wat daarop fokus om die beste kwaliteit druiwe in die wingerd te produseer, is dit geen verrassing dat Kleine Zalze in 2020 deur die Platter’s SA-wyngids as Toppresterende Wynmakery van die Jaar aangewys is nie. Ter viering van Internasionale Vrouemaand verwelkom ons wynmakers Lizemari Geldenhuys en Hanri Ferreira om hul kennis en stories met ons te deel terwyl ons die Chenin Blanc en Cabernet Sauvignon van Kleine Zalze se drie verskillende wynreekse proe: Cellar Selection, Vineyard Selection en die Family Reserve Selection.
Ons het saamgespan met Capreo-wynverspreiders wat sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf werskdae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die Universiteit Stellenbosch-beursfonds skenk.
Ons het twee pakkette beskikbaar — ‘n standaard-pakket (KLIK HIER) en ‘n premium-pakket (KLIK HIER). Die standaard-pakket bevat die Cellar en Vineyard Selection Chenin Blanc en die Family Reserve Cabernet Sauvignon, terwyl ons premium-pakket die volledige keuse bevat wat op die aand geproe sal word. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die wynproe-sessie oopmaak en dat jy dit teen die regte temperatuur geniet.
Bepalings en voorwaardes
Die koste van die standaard en premium-pakkette sluit versending in. Die koste van die pakket hang af van die land waar dit bestel word.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Vrydag 17 Maart 2023
Tyd: 19:00 tot 20:30
Plek: Aanlyn (MS Teams)
(Die skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 10 Maart
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.