Kom sluit gerus by ons aan op Vrydag 11 Junie 2021 wanneer ons saam met Hennie Huskisson, hoofbestuurder en hoofwynmaker van die Cloof‑wynlandgoed in die Swartlandse dorpie Darling, die wêreld van “blikkieswyn” verken.
Alhoewel Australië waarskynlik die eerste was wat gekom het met die gedagte om wyn in blikkies te verpak – so vroeg reeds as 1996 – was Suid-Afrika traag om dié voorbeeld te volg. Die idee het eers onlangs in die SA wynbedryf byval gevind, en tog wonder ‘n mens hoe gewild blikkieswyn nou eintlik is.
Kom gesels saam wanneer ek en Hennie hierdie onderwerpe en ander aanroer, terwyl jy proe hoe werklik goed die geblikte Cloof-wyne teen hul gebottelde eweknieë vertoon.
Lees meer oor Hennie HIER.
Lees meer oor die Cloof‑wynlandgoed HIER.
Ons wynproe behels die volgende fantastiese wyne wat deur Hennie en sy span geproduseer word, en sluit rooiwyn en witwyn in:
Wyn in ‘n blikkie:
Ruby Darling (Red Blend) = £18,99 (6 x 250 ml‑blikkies)
Rosy Darling (Rosé) = £17,99 (6 x 250 ml‑blikkies)
Daisy Darling (Sauvignon Blanc) = £18,99 (6 x 250 ml‑blikkies)
Gebottelde wyn:
Cloof Wine Maker’s Selection Chenin Blanc = £16,50
Cloof Wine Maker’s Selection Lynchpin = £21,50
Cloof Wine Maker’s Selection Crucible Shiraz = £37,50
Die ondertone van die wyne is HIER beskikbaar.
Ons is verheug oor die vennootskap met die aanlyn wynhandelaar K and L Wines vir die lewering van die genoemde wyne. Die Maties Wine Connoisseur-wynproepakket, met onder meer die proebuisies vir die gebottelde wyn, kan teen £99,50 bestel word. *Aflewering is gratis op bestellings van meer as £100 in die VK. Besoek die webwerf vir alle afleweringskoste.
‘n Eksklusiewe afslag van 10% is beskikbaar aan ons Maties-wynklublede tot 25 Junie 2021 om 12:00. Gebruik asseblief die afslagkode MATIE10 by die betaalpunt.
Klik HIER om jou wyn te bestel.
(Onthou, die drie gebottelde wyne is op ‘n beperkte basis in die Verenigde Koninkryk beskikbaar. Die beginsel van eerste daar, eerste klaar is gevolglik van toepassing wat hierdie wyne betref.) Die Saxenburg-wyne van ons vorige proegeleentheid kan op dieselfde bladsy bestel word.
*Proebuisies met 50 ml van die gebottelde wyn, wat jy vir die wynproe kan gebruik, is beskikbaar. Dit beteken dat jy die bottel by ‘n later geleentheid kan oopmaak.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Vrydag 11 Junie 2021
Tyd: 19:00 – 21:00 (GMT)
Plek: KLIK HIER om aanlyn via Zoom aan te sluit.
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan darrynh@sun.ac.za om ons te laat weet of jy by ons wil aansluit.
Die Maties-wynklub VK en Ierland is ‘n gratis lidmaatskapvereniging vir alumni van die Universiteit Stellenbosch, wat tans in die Verenigde Koninkryk of die Republiek Ierland woon. Indien jy van enige Matie in hierdie streke weet wat sou belangstel om daarby aan te sluit, kan jy hulle gerus vra om met my in verbinding te tree by darrynh@sun.ac.za.
Kyk uit om jou aanlyn te sien!