Lente is die seisoen vir herontwaking en vernuwing. Met die uitrol van entstofprogramme regoor Europa, hoop ons almal dat verandering op hande is. Ons hoop om oor ‘n paar maande geleenthede aan te bied wat persoonlik bygewoon kan word, maar tot dan gaan ons voort op ons aanlyn platform met die fokus om geleenthede te skep om met ander in verbinding te tree en Maties bymekaar te bring.
Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch nooi alumni in Europa uit om te kom inloer, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk te kom put.
Ons begin om 19:00 en sal 60 minute saam verwyl. Verwag verskeie bekendstellings, en gestruktureerde gesprekke tydens wegbreeksessies, waar ons ons beste wenke en frustrasies oor virtuele vergaderings sal deel en ook ons onderskeie netwerke kan uitbrei.
Datum: Dinsdag 11 Mei 2021
Tyd: 19:00 tot 20:00
Plek: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Rig asb ‘n e-pos aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Donderdag 6 Mei 2021.
(Die skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos gestuur word.)
Berei ‘n drankie tuis, sluit by ons Zoom-sessie aan, skakel jou kamera aan, en geniet die tyd saam.
Ons sien uit daarna om jou by hierdie aanlyn geleentheid te verwelkom.