Met ‘n wêreldwye verskuiwing in die ekonomiese swaartepunt en ‘n verandering in die administrasie in Amerika onstaan daar verskeie aktuele vrae, onder meer: Is dit die einde van onbetrokkenheid by Afrika? Waarom Amerika en nie China nie? Wie het wie nodig? Is die verhouding simmetries of asimmetries? Het handelsbetrekkinge sedert die Amerikaanse Kongres se instelling van die wet op groei en geleenthede in Afrika (AGOA) wenners en verloorders geskep?
Sluit gerus by die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge en die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool aan vir ‘n aanlyn geleentheid op Dinsdag 14 September 2021. Prof André Roux, hoof van Toekomsstudies, en Prof Meshach Aziakpono, professor in Ontwikkelingsfinansies, gee aandag aan hierdie tersaaklike vrae, die geleenthede en risiko’s vir Afrika wat handelsbetrekkinge met Noord-Amerika betref, en die lesse wat Afrika behoort te leer om haar toekoms te verstewig.
Die toekoms van Afrika se kommersiële, maatskaplike en politieke betrekkinge met die Globale Noorde moet binnekort hersien word. Of jy nou in die sakewêreld, die regering of die burgerlike samelewing werksaam is, kom sluit gerus by ons aan wanneer ons persepsies bevraagteken en moontlikhede herbesoek.
Datum: Dinsdag 14 September 2021
Tyd: 12:00 (EDT), 10:00 (MDT), 09:00 (PDT), 18:00 (SAST)
Plek: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Registreer HIER om dié geleentheid by te woon.
Ons sien jou graag by hierdie virtuele byeenkoms.