Kom ons begin die jaar op ‘n hoë noot! Die Pretoria Maties Alumni-tak nooi jou en ‘n metgesel na ‘n wynproe-geleentheid op Dinsdag 14 Maart. Sluit asseblief by ons aan en kom geniet ‘n ontspanne aand saam met ou en nuwe vriende. Hierdie saamkuier bied jou ook die geleentheid om netwerke met mede-Maties te bou.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Dinsdag 14 Maart 2023
Tyd: 18:30
Waar: The Tasting Room
Koste: R150 per persoon (Sluit wynproe en versnaperings in; kontantkroeg beskikbaar vir addisionele verversings.)
RSVP: Klik hier om jou plek te bespreek teen Vrydag 10 Maart
Maak sommer gereed vir nog samekomste. Klik asseblief hier vir die volledige Alumni-Geleentheidskalender. Laat ons bymekaarkom en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk put.
Ons sien daarna uit om tyd met jou deur te bring.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.