Loading Events

Pretoria Maties: Wynproe-geleentheid

Kom ons begin die jaar op ‘n hoë noot! Die Pretoria Maties Alumni-tak nooi jou en ‘n metgesel na ‘n wynproe-geleentheid op Dinsdag 14 Maart. Sluit asseblief by ons aan en kom geniet ‘n ontspanne aand saam met ou en nuwe vriende. Hierdie saamkuier bied jou ook die geleentheid om netwerke met mede-Maties te bou.Besonderhede van die geleentheid is soos volg:Wanneer: Dinsdag 14 Maart 2023Tyd: 18:30WaarThe Tasting RoomKoste: R150 per persoon (Sluit wynproe en versnaperings in; kontantkroeg beskikbaar vir addisionele verversings.)RSVP: Klik hier om jou plek te bespreek teen Vrydag 10 MaartMaak sommer gereed vir nog samekomste. Klik asseblief hier vir die volledige Alumni-Geleentheidskalender. Laat ons bymekaarkom en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk put.Ons sien daarna uit om tyd met jou deur te bring.