Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van prof Johan Fourie se boek Our Long Walk to Economic Freedom op Maandag 10 Oktober in Amsterdam.
Hoe het Einstein gehelp om Eskom te skep? Waarom kan ‘n Indonesiese vulkaan die Groot Trek verklaar? Wat het koning Zwelithini en Karel die Grote (Charlemagne) in gemeen? In Our Long Walk to Economic Freedom, volg ekonomiese historikus Johan Fourie die geskiedenis van die wêreldekonomie vanuit ‘n Afrika-perspektief.
Prof Johan Fouriesal vir slegs een aand in Nederland wees om onder meer sy verrassende vrae, en hoe ekonomiese ontwikkelings nou verweef is met verskillende faktore, te bespreek. Die boek sal op die aand te koop wees vir €25.
Wanneer: Maandag 10 Oktober 2022
Tyd: 18:45 tot 21:00
Waar: Zuid-Afrikahuis – Keizergracht 141-C – 1015 CK Amsterdam
RSVP: KLIK HIER om jou plek teen Woensdag 5 Oktober te bespreek.
Plekke is beperk, so bevestig bywoning so gou moontlik.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.