Weens die #COVID_19-pandemie en die onsekerhede wat daarmee gepaardgaan, het die Simonsberg Oudbond besluit om ons beplande September 2020 reünie tot volgende jaar uit te stel. ‘n Nuwe datum sal op ‘n latere stadium bevestig word.
Pas intussen jouself op en bly veilig. Ons sien uit om jou gou weer terug te verwelkom.
Werk intussen asseblief jou inligting by op ons webwerf www.simonbond.org.za, of kontak die bondsekretaris Anton Kruger by krux@aabus.co.za.