Jy word hartlik uitgenooi na ons laaste Maties Wynklub-geleentheid vir 2021.
Vir ons afsluiting, is ons geëerd om Michael Malan van die Simonsig-wynlandgoed te verwelkom. Simonsig is al jare lank daartoe verbind om wyne van internasionaal-uitstaande gehalte te produseer.
Sluit by ons aan terwyl ons ‘n keur van hierdie uitnemende wynlandgoed se wyne proe: die Kaapse Vonkel Brut 2019, Sunbird Sauvignon Blanc 2020, Avec Chêne Chenin Blanc 2018, Tiara rooi versnit 2017, Labyrinth Cabernet Sauvignon 2017 en om mee af te sluit, die Frans Malan Cape versnit 2016. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak.
Capreo-wynverspreiders sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf dae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die Universiteit se Beursfonds skenk.
Ons het twee spesiaal gekureerde pakkette beskikbaar — ‘n standaard-pakket (KLIK HIER) en ‘n premium-pakket (KLIK HIER).
Die standaard-pakket bevat die Kaapse Vonkel Brut 2019, Sunbird Sauvignon Blanc 2020 en die Tiara rooi versnit 2017, terwyl ons premium-pakket die volledige keur van wyne bevat wat op die aand geproe sal word. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak en onthou om jou wyne teen die regte temperatuur te geniet.
Bepalings en voorwaardes
Koste vir die standaard- en premium-pakkette sluit versending in. Die koste van die pakket hang af van die land waar dit bestel word.
Datum: Vrydag 19 November 2021
Tyd: 19:00 to 20:30
Plek: Online (Zoom) (Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 12 November 2021.
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie, sluit aan op Zoom en skakel jou kamera aan. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.