Die Universiteit Stellenbosch se Alumni-takke in Pietermaritzburg en Durban nooi jou graag uit om weer kontak te bewerkstellig en nuwe sosiale en besigheidsnetwerke te bou.
Kry gerus jou Matie-vriende bymekaar en sluit by ons aan vir twee “happy hour” geleenthede in Mei.
Of jy nou onlangs of baie jare gelede gegradueer het, hierdie samekoms is ‘n fantastiese geleentheid om tyd met ou vriende deur te bring, nuwe mense te ontmoet en herinneringe op te diep.
Besonderhede is soos volg:
Pietermaritzburg
Wanneer: Woensdag 17 Mei 2023
Waar: Victoria Country Club (Aanwysings)
Tyd: 18:00
Koste: R80 per persoon (Betalingsbesonderhede sal verstrek word by ontvangs van jou RSVP)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumi@sun.ac.za teen Donderdag 11 Mei jou plek te bespreek.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!