Ons nooi jou graag uit om deel te wees van ons fokusgroep vir Maties Alumni-takke in Brussel en Antwerpen. Alumni-takke help die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch met die bou van netwerke deur geleenthede te organiseer wat alumni die kans bied om met mekaar in verbinding te tree, saam te werk en daardie eiesoortige Matie-vernuf vanuit ‘n diverse professionele poel te benut.
Sluit asseblief by ons aan vir ‘n informele in-persoon byeenkoms in Brussel op Dinsdag 26 April en in Antwerpen op Donderdag 28 April 2022 om 19:00 waar ek jou verder oor die Alumni-takke sal inlig en ook wat van ‘n span verwag word. Die ontmoeting sal aan plaaslike COVID-19-regulasies onderhewig wees.
As jy belangstel om meer uit te vind en deel van die span te wees, stuur gerus vir my ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za vir besonderhede van hierdie samekoms. RSVP asseblief teen Vrydag 22 April. Om deel van die span te word sal wonderlik wees en uiters lonend, en ‘n manier om terug te gee aan die Universiteit Stellenbosch, so raak beslis betrokke!
Ons sien uit na jou entoesiasme, waardevolle insae en eerstehandse kennis oor ‘n land wat kan bydra tot die uitbou van ‘n lewendige Matie-gemeenskap in Europa.
Eenmaal ‘n Matie, altyd ‘n Matie!