Ons kondig graag aan dat prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, eersdaags in Parys besoek sal aflê. Sluit asseblief by ons aan op Dinsdag 10 Mei 2022 by ‘n skemerkelkie-onthaal waar prof De Villiers jou op hoogte sal bring van die opwindende verwikkelinge by jou alma mater. Jy sal ook voorgestel word aan die lede van ons span in Parys.
Wanneer: Dinsdag 10 Mei 2022
Tyd: 19:00 tot 21:00
Waar: Restaurant Môm Paris – 4-6 rue Pierre Demours – 75017 Parys
RSVP: KLIK HIER om jou plek teen Donderdag 5 Mei te bevestig.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom!