Die Universiteit Stellenbosch se Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in Denemarke nooi jou graag uit na ‘n netwerkgeleentheid in Kopenhagen. Hierdie geleentheid gedenk Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart oor die wêreld heen gevier word.
Sluit asseblief aan by Vi Hyttel en matie-alumnus Kasper Hyttel, trotse eienaars van die luukse vroueklerehandelsmerk Thi Thao Copenhagen. Kasper en Vi sal ons vertel hoe hulle hul besigheid begin het en ook uitbrei op hul “simply better” filosofie.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Donderdag 2 Maart 2023
Tyd: 18:00 – 21:00
Waar: Thi Thao Copenhagen flagship store – Løvstræde 8 – DK-1152 Copenhagen K
Koste: 400 DKK
Die prys sluit in kos en drankies sowel as persoonlike stilering. Tien persent (10%) van die opbrengs gaan aan die Universiteit Stellenbosch se Bridge the Gap-jaarfonds.
Betaling deur MobilePay: (+45) 41 57 90 82 (skryf SWAN in die kommentaar)
RSVP: KLIK HIER om te RSVP teen Maandag 27 Februarie
Hierdie geleentheid is ʼn ideale manier om mede-Maties te ontmoet, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk te put.
Ons sien uit om jou te verwelkom.