Die Universiteit Stellenbosch se Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) nooi jou graag uit na ons eerste netwerkgeleentheid in Europa. SWAN beoog om vroue te verenig deur mentorskapsprogramme, leierskapsopleiding en rondetafelbesprekings en sodoende netwerkgeleenthede te skep onder diverse groepe vroue in ‘n verskeidenheid industrieë.
Sluit asseblief aanlyn op Woensdag 16 November aan by ons paneel van ongelooflike Matie-vroue, Sabine Paul, vennoot by KPMG, mediese navorser, Maria Bonitz, en klimaatattaché, Maj Emmertsen. Ons paneellede wat elkeen ‘n noemenswaardige reputasie vir hulself uitgekerf het, is oorgehaal om hul onderskeie reise met jou te deel en ‘n bespreking te lei oor die vaardighede en bevoegdhede wat hulle goed gedien het in die werksplek. Hierdie bespreking word gefasiliteer deur Hannah Simba, wetenskaplike by die Wêreldgesondheidsorganisasie.
Die besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum: Woensdag 16 November 2022
Tyd: 19:00 tot 20:15
Plek: Aanlyn (‘n Skakel sal twee dae voor die geleentheid gestuur word.)
RSVP: KLIK HIER om teen Vrydag 11 November te antwoord.
Kom ontmoet ongelooflike vroue en ervaar die inspirasie en insig van ons Matie-netwerk.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.