Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in Johannesburg bied aan ‘n Kuier-en-Skilder-samekoms. Hierdie geleentheid gedenk Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart oor die wêreld heen gevier word. Sluit asseblief aan by mede-Matie-vroue en bring die kunstenaar in jou na vore by ‘n geleide stap-vir-stap skilderklas. Verwag samesyn, stimulerende gesprekke, drankies, versnaperings en die geleentheid om nuwe mense te ontmoet.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Woensdag 15 Maart 2023
Tyd: 17:30 vir 18:00 tot 20:00
Waar: Higher Ground Restaurant, Peter Place Sandton 40 (Aanwysings)
Prys: R250 per persoon
KLIK HIER om jou kaartjie te koop. Alle opbrengs is ten bate van die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na swan@sun.ac.za om te RSVP teen Donderdag 9 Maart
Let wel: Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar, so bespreek so gou moontlik.