Die Universiteit Stellenbosch se Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in Luxemburg nooi jou graag uit na ‘n netwerkgeleentheid ter viering van Internasionale Vrouedag. Ons spreker is Matie-alumna Lize Griffiths, eiendomsleier vir Deloitte Continental Europe. Lize sal vanjaar se Internasionale Vrouedag tema #EmbraceEquity bespreek en voorbeelde deel van hoe die finansiële bedryf in Luxembourg hierdie tema in die praktyk toepas.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Dinsdag 21 Maart 2023
Tyd: 18:00 – 21:00
Waar: Deloitte Luxemburg – 20, Boulevard de Kockelscheuer – L-1821 Luxemburg (Aanwysings)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Maandag 13 Maart
Ons sien uit na ‘n insiggewende gesprek. Hierdie geleentheid is ʼn ideale manier om mede-Maties te ontmoet, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk te put.