Die Universiteit Stellenbosch se Johannesburg Alumni-tak bied met trots sy eerste Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN)-geleentheid op Saterdag 28 Mei aan. Ons nooi graag Matie-vroue in Johannesburg om by ons aan te sluit vir ‘n oggend se aktiwiteite terwyl ons die SWAN-netwerk in die goudstad uitbou.
Ons almal het al op een of ander tydstip van ons lewens teëspoed ervaar. Thandi Boshoma, ‘n MBA-gegradueerde van ons Universiteit Stellenbosch Bestuurskool, is ‘n beroepsvrou en die skrywer van Rise Up Against All Odds. Dit is ‘n praktiese en inspirerende boek wat fokus op ‘n sinvolle en sistematiese benadering tot teëspoed en hoe om dieselfde krag van teëspoed as ‘n springplank te gebruik om uit te blink in die lewe.
Nie net sal Thandi haar insigte deel om uitdagings suksesvol aan te pak nie, sy sal ook met ons oor die BRAVE-stelsel, wat sy persoonlik ontwikkel het, gesels. BRAVE is ‘n akroniem vir Boldness, Resilience, Authenticity, Vision en Enthusiasm.
Ons verwag lewendige en stimulerende gesprekke terwyl ons ons alumnae vier. Moet beslis nie hierdie geleentheid om met Matie-vroue te netwerk, misloop nie.
Die besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum: Saterdag 28 Mei 2022
Tyd: 09:30 vir 10:00
Plek: The Courthouse, Sandhurst
Koste: R150 (sluit ontbyt en verversings in), adres en betalingsbesonderhede word verskaf by ontvangs van jou RSVP.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP.
Neem asseblief kennis dat ons ‘n maksimum kapasiteit van 35 deelnemers het, dus volg ons die beginsel van eerste gesien, eerste bedien.
Stuur asseblief ‘n e-pos aan alumnihubs@sun.ac.za indien jy enige verdere inligting verlang. Deel gerus hierdie uitnodiging met mede-alumnae en vra dat hulle ‘n e-pos stuur aan alumnihubs@sun.ac.za indien hulle wil bywoon.
Ons sien uit na jou terugvoering en om jou te verwelkom.