Die Universiteit Stellenbosch se Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) nooi jou graag uit na ‘n aanlyn gesprek ter viering van Internasionale Vrouedag.
Sluit asseblief aan by ons paneel van uitsonderlike Matie-vroue wat die onderwerp, The Gender Gap: Creating Transparency for Women to Thrive, sal bespreek. Ons paneel van kundiges sal hul navorsing en kennis deel met ‘n spesiale fokus op die vergoedingsgaping tussen mans en vroue, finansiële tegnologie, onderwys en hoe ons aan praktiese oplossings kan werk sodat vroue kan floreer.
Ons paneellede is:
Prof Anita Bosch – beklee die Navorsingsleerstoel vir Vroue by die Werk by die Stellenbosch Bestuurskool
Dr Nwabisa Makaluza – Projekleier: Funda Wande
Triya Govender – Hoof van Bemarking en Kliënte-ervaring: FloatPays
Die besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum: Woensdag 8 Maart 2023
Tyd: 12:45-14:00
Plek: Aanlyn (Microsoft Teams)
(‘n Skakel na die geleentheid sal 24 uur voor die aanvang van die uitsending gestuur word.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na swan@sun.ac.za om te RSVP teen Dinsdag 7 Maart
Vieringe oor die wêreld heen
Daar is meer! Ons SWAN-leiers in ons alumni-takke wêreldwyd het ‘n hele klomp geleenthede, aanlyn sowel as persoonlik, gereël. So waar jy jou ook al bevind, ons rol die maroen tapyt uit en gee vir jou ‘n BBP-toegansgskaartjie om jou mede-alumnae te vier, by mekaar te leer, en mekaar beter te leer ken.
KLIK HIER vir al die geleentheidsbesonderhede.