Die Universiteit Stellenbosch Vroue‑alumnae Netwerk (SWAN) in Londen nooi jou na ’n aand uit saam met ons Matie-alumna, Liz Lugt, waar jy gesellig kan verkeer as deel van ons voortgesette viering van Internasionale Vrouedag.
Liz, ’n leierskapskonsultant, spreker en afrigter, gaan drie maniere bespreek waarop ons as SWAN’s ons teenwoordigheid en impak as vroue kan ontwikkel, hegter verhoudings met ander kan smee, en in ons eie vertroue kan groei.
Lees HIER meer oor haar.
Kom sluit gerus by ons aan vir stimulerende gesprekke, ’n heerlike ete, drinkgoed, en karaoke.
Slegs 30 plekke is beskikbaar vir hierdie opwindende aand. Ons vertrou jy sal gou jou plek bespreek en die geleentheid gebruik om te kan teruggee aan die volgende generasie SWAN’s en jou steun te gee aan diegene wat tans aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer.
Jou skenking van £30 of meer sal help met die befondsing van muntoutomate vir sanitêre produkte op ons kampusse. Studente sal outomaatmunte ontvang om in die masjiene te plaas en hul sanitêre produkte gratis te verkry. Dit sal verseker dat hierdie studente nie langer ’n maaltyd of hul opvoeding vir ’n basiese reg hoef op te offer nie.
Het jy geweet 35% van vroue in Suid-Afrika kom voor die keuse te staan om óf ’n brood óf sanitêre produkte te koop? Studente dwarsdeur Suid-Afrika mis maandeliks ongeveer vyf dae aan onderwys vanweë ’n gebrek aan toegang tot sanitêre produkte.
Elke beskikbare pond kan ’n impak hê ter beëindiging van #EndPeriodPoverty, een van die prioriteite onder die Universiteit se jaarlikse fondsinsamelingsveldtog, Bridge the Gap.
Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, maar nogtans ’n verskil wil maak in die lewe van ’n student aan die US, skenk asseblief HIER.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Donderdag 12 Mei 2022
Tyd: 18:00 – 21:00
Plek: Die Games Room van Heist Bank, North Wharf-weg 5, Londen, W2 1LA
RSVP: E‑pos darrynh@sun.ac.za om te RSVP en die skakel te kry waar skenkings vir die geleentheid gemaak kan word.
NB: By ontvangs van jou skenking sal Darryn Havenga jou plek bevestig volgens die beginsel van eerste gesien, eerste bedien.
Ons alumni-netwerk is oor die hele wêreld versprei en groei steeds. Is jy bewus van mede‑alumnae in die Verenigde Koninkryk wat nog nie by ons Matie-program aan die US ingeskakel is nie? Wees dan asseblief so gaaf om hulle uit te nooi om Darryn by darrynh@sun.ac.za te kontak sodat hulle by die netwerk gevoeg kan word.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.