Kom sluit by ons aan waar ons die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bespreek. Ons Alumni-tak in Johannesburg en die Stellenbosch Bestuurskool het ‘n paneel van kundiges bymekaar gebring om verskillende perspektiewe en insigte te deel. Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar moontlik die ergste vooruitsigte ná demokrasie in die gesig, en daar is sonder twyfel ekonomiese probleme.
Die vraag is egter wat Suid-Afrikaners te doen staan en watter stappe geneem kan word in reaksie op die somber ekonomiese uitkyk soos voorspel deur verskeie ekonome. Die ekonomiese probleme bestaan reeds voor beurtkrag, en die agteruitgang sal aanhou tensy daar iets daadwerkliks gedoen word om van koers te verander. Dr Nthabiseng Moleko, senior dosent in Ekonomie en Statistiek aan die Stellenbosch Bestuurskool, bly egter hoopvol dat ons as ‘n nasie steeds iets kan doen, ten spyte van die dreigende resessie, dalende BBP en verstommende hoë werkloosheidsyfer.
Wanneer: Woensdag 24 Mei 2023
Tyd: 18:30
Waar: Johannesburg Country Club, Woodmead
Sprekers: Dr. Nthabiseng Moleko, Roy Havemann: Hoof Uitvoerende Beampte by Intellidex , Faisal Mkhize: Hoof Uitvoerende Beampte Verhoudingsbankdienste by die ABSA Groep en Nomonde Zwane: Multi-bestuurder Belegging by Eskom Pensioën- en Voorsorgfonds
Koste: R100 (sluit verversings in)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou plek te bespreek. Betalingsbesonderhede sal nader aan die tyd beskikbaar gemaak word.