
- This event has passed.
Tuiskoms: Helderberg reünie
9 September 2022 @ 11:00 am - 10 September 2022 @ 10:00 pm

Ons vier Helderberg se 75ste verjaarsdag en ons het ‘n vol program van opwindende geleenthede spesiaal vir jou beplan. Sluit by ons aan op Vrydag 9 September en Saterdag 10 September, kom onthou en herleef saam spesiale ervarings en geniet die beste wat die Republiek van Helderberg kan bied.
Jy kan uitsien na ‘n potjie gholf, ‘n rugbywedstryd, ‘n onvergeetlike Jack Wells-kuier, laatontbyt, ‘n spitbraai en soveel meer. KLIK HIER vir die volledige program en KLIK HIER om jou kaartjies te koop.
Hierdie reünie vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.
Enige vrae? Kontak gerus vir Hugo by 23640758@sun.ac.za of homecoming@sun.ac.za.
Ons sien uit om jou te verwelkom!
Details
- Start:
- 9 September 2022 @ 11:00 am
- End:
- 10 September 2022 @ 10:00 pm
- Event Category:
- Events