Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans
Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

#TuiskomsDeonMeyer: wen ’n getekende eksemplaar van een van Deon Meyer se boeke

2 September 2021 @ 8:00 am - 23 September 2021 @ 11:30 pm

  • « Uitnodiging: “Wêreld van Werk”-week vir Jong Alumni
  • Noord-Amerika en Afrika aanlyn geleentheid »

Vanjaar se #Tuiskoms is ietwat anders weens die Covid-19-pandemie.
Ons mag nou wel nie op die oomblik fisies na plekke reis nie, maar Maties, maak julle gereed om na ’n ander wêreld te reis met Deon Meyer se nuwe boek, Donkerdrif.

Sluit op Donderdag 23 September om 19:00 by ons aan vir ‘n aanlyngesprek met die hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse skrywer en draaiboekskrywer, Deon Meyer.
Matie-alumnus, Jonathan Amid, bekende boekjoernalis en -kritikus, staan gereed om hierdie gesprek te lei. Deon sal sy reis as ‘n gevierde skrywer met ons deel en sy onlangse topverkoper, Donkerdrif, wat in die pragtige dorp Stellenbosch afspeel, bespreek.
Sy boeke is al in meer as 40 lande gepubliseer en wêreldwyd in 27 tale vertaal.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za.

WEN!!
In samewerking met Human & Rossouw Uitgewers, bied ons aan tien gelukkige Maties die kans om ’n getekende eksemplaar van een van Deon Meyer se boeke, insluitende Donkerdrif, te wen.

Só doen jy dit:
Neem ’n foto van jouself by een van Deon Meyer se boeke.
Plaas dit op Instagram of Twitter en merk (‘tag’) @matiesalumni met die hutsmerk #TuiskomsDeonMeyer.

***
Die kompetisie sluit op 23 September 2021 om middernag. Die wenner sal op 27 September 2021 op sosialemedia aangekondig word.

 

Oor hierdie boek:

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ’n teregstelling. Is ’n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders, Bennie Griessel en Vaughn Cupido, ontvang het? Met ondertone van nóg staatskaping-onheil?

As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ’n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?

Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ’n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar ná ’n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent, Sandra Steenberg . . .

Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit.

  • Google Calendar
  • iCalendar
  • Outlook 365
  • Outlook Live

Details

Start:
2 September 2021 @ 8:00 am
End:
23 September 2021 @ 11:30 pm
Event Category:
Kompetisies
  • « Uitnodiging: “Wêreld van Werk”-week vir Jong Alumni
  • Noord-Amerika en Afrika aanlyn geleentheid »
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!