Tygerbergkampus Klas van 1983 Reünie
8 September 2023 @ 9:00 am - 9 September 2023 @ 5:00 pm
Ek hoop dit gaan sommer baie goed!
Kan jy glo dit is reeds 39 jaar sedert ons finalejaar-studente op die Tygerbergkampus was? Hoeveel dinge het intussen verander, of hoeveel is steeds dieselfde? Mede-Maties, ek dink dit is hoog tyd dat ons as ‘n groep bymekaarkom en ek het die perfekte geleentheid daarvoor.
Op Vrydag 8 en Saterdag 9 September 2023 kan ons klas bymekaarkom vir ons 40-jaar reünie tydens die Universiteit se jaarlikse Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat in Stellenbosch en op Tygerberg plaasvind.
Sal jy by ons aansluit?
Dit is jou kans om weer kontak te maak buite die “Facebook stalk” en die “WhatsApp talk” en herinneringe aan ons studentedae te herleef. Ons belowe iets spesiaals vir almal, so verwag dus nuus oor die fakulteit en sy mense, goeie kos, selfs beter geselskap en die beste vermaak.
Hou solank hierdie datums oop en sluit ook by ons WhatsApp-groep aan deur hier te klik.
Ek sien daarna uit om tyd saam met julle deur te bring.
Matie-groete
Professor Wim de Villiers (MBChb 1983)
Rektor en Visekanselier
Universiteit Stellenbosch
Details
- Start:
- 8 September 2023 @ 9:00 am
- End:
- 9 September 2023 @ 5:00 pm
- Event Category:
- Events