Maak plek in jou dagboek. Die Maties Alumni-tak in die Verenigende Arabiese Emirate VAE bied ‘n netwerkgeleentheed aan en jy word uitgenooi.
By hierdie geleentheid kan jy kontak bewerkstellig met mede-Maties en nuwe sosiale en besigheidsnetwerke skep.
Sluit by ons aan vir ‘n eksklusiewe Meestersklas oor Kulturele Bevoegdheid aangebied deur Prof Steyn Heckroodt.
Hy gaan voorlees uit die saamgeskrewe boek, Cultural Competence: The Intrinsic Strategic Advantage, ‘n samewerking met sy briljante kollega Waddah Ghanem van die Platform for Connected Leadership. Ons gaan insigte deel en bespreek hoe kulturele bevoegdheid jou volgende strategiese voordeel kan wees en kan bydra tot langtermyn mededingende sukses.
Dit is nie net enige ou aanbieding nie; dit is ‘n geleentheid om jou loopbaan ‘n hupstoot te gee terwyl jy in kontak tree met mede-alumni. Verwag insiggewende wysheid en fantastiese besprekings.
Moenie die geleentheid misloop om te groei en kontak te maak nie.
Besonderhede is soos volg:
Wanneer: Donderdag 9 November 2023
Tyd: 18:00
Waar: The Els Club, Dubai Sports City (Aanwysings)
Koste: AED30 per persoon (Sluit 3 drankies en versnaperings in; kontantkroeg beskikbaar vir addisionele verversings.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za om jou plek te bespreek teen Vrydag 3 November.
KLIK HIER om jou betaling te finaliseer.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.