U word hartlik uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) op Donderdag, 10 November 2022.
Ingevolge die US Statuut (2019) is die Konvokasie saamgestel uit (a) alle persone aan wie ‘n kwalifikasie by ‘n kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die vise-rektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.
Sluit asseblief by ons aan òf in persoon òf aanlyn.
Wanneer: Donderdag, 10 November 2022.
Tyd: 19:00 SAST (As u buite Suid-Afrika gebaseer is, KLIK HIER om die presiese tyd vir u ligging op te spoor.)
Waar: US-museum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch OF aanlyn .
Gasspreker: Heindrich Wyngaard, Uitvoerende Voorsitter van Kaapse Forum, bekende media-persoonlikheid, sosiale kommentator en motiveringspreker.
RSVP
KLIK HIER om te registreer vir die aanlyn vergadering.
KLIK HIER om te registreer vir die fisiese bywoning van die vergadering.
LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:
- Registreer so spoedig moontlik aangesien sitplekke beperk is.
- Die sluitingsdatum vir registrasie is Woensdag, 9 November 2022. Weens tegniese en administratiewe vereistes om die platform op te stel, word geen laat registrasies vir die aanlyn-vergadering aanvaar nie.
- Diegene wat aanlyn bywoon, sal ‘n skakel per e-pos ontvang.
- Diegene wat persoonlik bywoon – neem asseblief teen 18:30 SAST u sitplek in en bring ‘n bewys van identiteit saam.
Soos aangedui in die Konvokasie-vergaderingsprosedures, moet alle mosies en agenda-items teen 4 November ingedien word. Stuur asseblief hierdie items aan konvokasie@sun.ac.za.
‘n Lid mag ‘n mosie vir insluiting in die agenda indien, maar ‘n ander lid moet die mosie sekondeer. ‘n Mosie is slegs geldig as dit duidelik en bondig is, en die Sekretaris van die Konvokasie dit teen die sperdatum ontvang. Mosies sal saam met die agenda aan lede beskikbaar gestel word.
Ons sien uit daarna om u te verwelkom. Ligte verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.