Sluit by die wêreldwye Universiteit Stellenbosch-gemeenskap en JEFF Fitness aan wanneer ons op Saterdag 28 Augustus probeer om die wêreldrekord vir die grootste oefensessie aan ’n universiteit met #BiggestUniversityWorkout op te stel en terselfdertyd fondse vir die Universiteit se #Move4Food-inisiatief te werf. Die uitstaande kenmerk van Move4Food is dat studente, personeel, alumni en vriende van die Universiteit Stellenbosch aan sportgeleenthede deelneem om geld vir hongersnoodverligting onder ons studente in te samel.
Die Universiteit Stellenbosch bied op 28 Augustus ‘n ses uur lange Virtuele Sport- en Welweesprogram aan, van 07:00 tot 12:00. Sluit by ons aan vir enige van die sewe intydse oefensessies sowel as kompetisies, praatjies, musiek, saam-saam kosmaak en nog meer om ons te help om hierdie wêreldrekord op te stel. Deur deel te neem, kom jy ook sommer vir lekker pryse in aanmerking!
Ervaar die ikoniese Universiteit Stellenbosch-kampus uit die gemak van jou huis en gryp daardie beroemde Maties-gees saam met die breër plaaslike, nasionale en internasionale Stellenbosch-gemeenskap wat bymekaarkom om globale gesondheid en welwees te ondersteun.
Besoek https://www.jeff.fitness/…/stellenbosch-university… vir die dag se program en meer inligting.
Skryf vir die #BiggestUniversityWorkout in en kry jou inskrywingsnommer hier: https://app.jeff.fitness/register/event/2.
Jy kan deelneem sonder om noodwendig in te skryf, maar almal wat inskryf, kom vir ’n paar lieflike pryse in aanmerking!
Hutswoorde:
@JEFFFitnessGlobal
@MatiesMove4Food
@stellenboschalumni
@SUMatiesSport
@stellenboschuniversity
@matiessportralu