Die Fakulteit Regsgeleerdheid vier die rol van vroue in die regsberoep en in ons samelewing in die breë. In hierdie opsig rig die Juridiese Vereniging (JV/S) en die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (in Engels, SWAN) ‘n uitnodiging aan jou om op 11 Augustus deel te neem aan ‘n Vroue in die Regte-geleentheid ter erkenning van Nasionale Vrouedag en om oor die reis van vroue in ons beroep te besin en dit ook te vier.
Sedert 2014 bied die JV/S hierdie geleentheid met etlike gerekende sprekers aan – prof Thuli Madonsela was die gasspreker by die inhuldiging van ons Vrouemaandontbyt. SWAN is in 2020 deur die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge van Universiteit Stellenbosch (US) bekendgestel en is daarop gemik om vroue bymekaar te bring deur mentorskapprogramme, leierskapopleiding, rondetafelbesprekings en vele meer om netwerke tussen verskillende groepe vroue in ‘n verskeidenheid bedrywe moontlik te maak.
Vanjaar is die fakulteit trots daarop om alumna me. Ulrike Naumann as ons gasspreker vir 2021 te hê. Me. Naumann is in baie opsigte ‘n baanbreker en verteenwoordig die reuse vordering wat soveel van ons alumnae in ons beroep gemaak het en steeds doen.
Biografie van Ulrike Naumann:
Ulrike is ‘n Vennoot by die pan-Afrika-regsfirma Bowmans en staan aan die stuur van hul finansiële praktyk. Ulrike is ‘n alumna van US en het beide ‘n BCom- en ‘n LLB-graad cum laude aan die Universiteit verwerf. Sy het haar studies in die buiteland voortgesit deur onder meer te studeer aan ‘n Baccalaureusgraad in Siviele Reg aan die Universiteit van Oxford, voordat sy na Suid-Afrika terugkeer om ‘n loopbaan in die regte te volg. Ulrike is ‘n lid van die Vennootskapsraad van Bowmans en Ondervoorsitter van die Bankwetkomitee van die Internasionale Prokureursvereniging. Sy is passievol oor vroue se rol in die korporatiewe wêreld en het daarin geslaag om die komplekse wêreld van die reg en finansies in haar werk te navigeer. Sy is onder meer deur die International Financial Law Review erken as een van die voorste Vroulike Prokureurs in Finansies. Ulrike hou van reis, lees, hardloop, swem in koue water en kos en wyn te geniet.
Datum: Woensdag, 11 Augustus 2021
Tyd: 12h30 – 14h30
Waar: Aanlyn (‘n Skakel na die geleentheid sal gestuur word na ontvangs van jou RSVP.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za om te RSVP.
Navrae: alumni@sun.ac.za