Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou graag na ons “Wêreld van Werk”-week – ons heel eerste loopbaanontwikkelingsgeleentheid vir jong alumni. Die “Wêreld van Werk”-week is ‘n loopbaandiskoers-geleentheid wat die sogenaamde stadsaal-platform daarstel sodat jong alumni vrae aan kundige alumni en baanbrekers in die bedryf kan stel, hul opinies kan deel, en uitdagings ten opsigte van die huidige werkswêreldbaan kan stel. Uiteindelik kan hierdie diskoers jou help om jou bestaande loopbaanpad te evalueer en jou beïnvloed oor hoe jy jou pad na sukses kan bou.
Tydens hierdie weeklange-reeks bespreek ons ses opwindende onderwerpe.
ʼn Kykie na die hedendaagse wêreld van werk in Suid-Afrika
Om die werkswêreld te betree kan skrikwekkend wees, veral in die lig van die huidige werkloosheidsyfers onder gegradueerdes. As ‘n jong gegradueerde, wonder jy dalk oor:
- aanvangsalarisse vir interns en jong gegradueerdes
- die beskikbare werwingstatistieke en die keuringsproses vir poste waarvoor jong gegradueerdes uitgeknip is
- wie die voorkeurwerkgewers in Suid-Afrika is, en waarom; en
- die toename in eie ondernemings onder jong gegradueerdes.
Datum: Maandag 30 Augustus 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Cathy Sims, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Werkgewersvereniging vir Gegradueerdes (SAGEA), gesels met Candice Egan, fondswerwer binne die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, oor hierdie en ander aktuele kwessies van indiensneming onder gegradueerdes in Suid-Afrika.
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Donderdag 26 Augustus 2021
Datawetenskap in die praktyk – van beginners tot korporatiewe voorlopers
Datawetenskaplikes is uiters gesog in verskeie bedrywe, van kleinhandel tot die staat en gesondheidsorg. Ondernemings skep inligting teen ‘n snelle tempo, maar kort die regte hulpbronne om die onverwerkte data te ontleed en te vertolk. Met so ‘n belowende loopbaan, watter kernvaardighede het jy nodig om ‘n datawetenskaplike te word? Kan jy sonder formele opleiding as datawetenskaplike werk? Waar is die beste plek om te begin as jy ‘n loopbaan op die terrein van die datawetenskap oorweeg? Waarna is werkgewers op soek wanneer hulle ‘n datawetenskaplike wil aanstel? Dít is van die vrae wat ‘n vooraanstaande kenner sal beantwoord.
Datum: Dinsdag 31 Augustus 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Spreker: Sluit by ons aan om te hoor hoe Wim Delva, stigter en direkteur van die datamaatskappy Wimmy, oor sy eie ervarings en wenke as ‘n werkgewer gesels.
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Donderdag 26 Augustus 2021
Die minder bekende roete – ongewone en nielineêre loopbane met jou BSc
Die gedagte van ‘n loopbaan klink baie lineêr. Ons gaan universiteit toe, kry graad, kry ‘n werk, en klim dan stadigaan die beroepsleer. Dit klink baie eenvoudig, nie waar nie? Maar dis net ‘n ruwe weergawe van wat werklik gebeur. Inderwaarheid beland soveel as 69% van universiteitsgegradueerdes uiteindelik in werke wat niks te doen het met waarvoor hulle jare lank gestudeer het nie. Dít kan jou hetsy ontmoedig óf jou nuwe geleenthede in die lewe help raaksien, mits jy bereid is om ‘n nielineêre loopbaan te oorweeg.
Sluit by ons aan om te hoor van twee alumni wat BSc-grade verwerf het – een in Toegepaste Wiskunde en die ander in Grondkunde – maar vandag iets heeltemal anders doen. As uitblinkers in die finansiële sektor, kom vertel hulle ons meer oor hulle reis tot hier, en oor hoe ‘n mens jou loopbaan behoort te benader.
Datum: Woensdag 1 September 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Spreker: Meryl Awkes, senior bestuurder by Standard Bank Suid-Afrika.
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Vrydag 27 Augustus 2021
Regsgeleerdheid in die 21ste eeu: Bied ‘n regsgraad jou die veelsydigste loopbaan?Regsgeleerdheid in die 21ste eeu: Bied ‘n regsgraad jou die veelsydigste loopbaan?
Die regte kan teruggevoer word tot vóór die moderne beskawing. En met tegnologiese vooruitgang is dit kwalik verrassend dat die regsberoep lank nie meer tot die gewone loopbane van prokureur, advokaat en regter beperk is nie.
Met ontluikende sektore in die IT- en telekommunikasieruimte het regsgegradueerdes nou heelwat nuwe geleenthede om op unieke gebiede te spesialiseer. Van watter geleenthede praat ons? Kom sluit by ons aan en luister self hoe prokureurs gesels oor ‘n regsgraad as ‘n professionele kwalifikasie, dringende oplossings vir klimaatsveranderingen die veelvuldige geleenthede tot jou beskikking.
Datum: Donderdag 2 September 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Spreker: Dérick Swart, tegnologie prokureur en besturende direkteur van Swart Law en Nicole Loser, prokureur en programhoof: besoedeling en klimaatsverandering
Sentrum vir Omgewingsregte NPC.
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Maandag 30 Augustus 2021
Die stand van sake met agriwetenskappe: Loopbane wat méér behels as boer
Het jy ‘n AgriWetenskappe-graad, maar het nie ‘n plaas nie, of wil nie boer nie? Baie werksoekers is salig onbewus van die ongelooflike en lonende geleenthede wat die landbou, as ‘n multimiljardrandbedryf, bied. Die bedryf hou aan ontwikkel, en het voortdurend ‘n dringende vraag na nuwe talent. Stel jy belang om meer uit te vind oor watter geleenthede gekwalifiseerde kandidate en universiteitsgegradueerdes beskikbaar het? Kom luister na ‘n paar alumnisprekers wat op verskillende landbousaketerreine werk. Ons glo hulle verhale sal jou wyer help dink oor jou eerste (of tweede!) werk in die landboubedryf.
Datum: Maandag 6 September 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Spreker: Willem Schoonbee, direkteur van Aquaculture Consulting and Management Services en Christo van der Rheede, uivoerende direkteur van AgriSA
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Maandag 30 Augustus 2021
Sukses in die sakewêreld: Waar’s die glasplafonne?
Jong gegradueerdes kan dit uiters intimiderend vind om hulle plek in die mededingende sakewêreld op te eis. Ouderdom- en geslagsdiskriminasie is volop in die werkplek en kan ‘n mens se selfvertroue lelik knou. Santie Botha, ‘n suksesvolle alumna wat op ‘n jong ouderdom al vele struikelblokke te bowe gekom het, vertel van haar reis van direksielid tot later uitvoerende hoof van ‘n maatskappy. Sy sal onder andere gesels oor hoe sy dit as ‘n jong beroepspersoon reggekry het om ernstig opgeneem te word en ‘n impak op haar kollegas te hê. Kom sluit by ons aan om Santie te hoor praat oor haar loopbaanreis, die belang van direksies, hoe om goeie werkgewers te identifiseer, hoe om hoëprofielrolle by vooraanstaande maatskappye en organisasies te bekom en – veral te midde van die uitdagings van 2021– hoe om kop te hou in die sakewêreld.
Datum: Dinsdag 7 September 2021
Tyd: 18:00 –19:30
Waar: Aanlyn
Spreker: Santie Botha, onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter
RSVP: Klik hier om te RSVP teen Woensdag 1 September 2021
Santie is die voorsitter van Famous Brands Bpk en Capitec Bank Holdings Bpk. Sy het wye kennis en ervaring van verskillende sektore, onder meer snel bewegende verbruikersgoedere, waarmee sy haar loopbaan by Unilever afgeskop en daarna in verskeie poste in sowel Durban as Londen, VK, gewerk het (1987 tot 1996), die bankwese (uitvoerende direkteur van ABSA Bank, 1996 tot 2003) en telekommunikasie (uitvoerende direkteur van MTN, 2003 tot 2010). Santie is in 2010 as sakevrou van die jaar aangewys. Sy was ook van 2011 tot 2017 die kanselier van Nelson Mandela Universiteit.
Let wel: ‘n Skakel sal twee dae voor ‘n spesifieke geleentheid per e-pos aangestuur word.
Ons sien uit om jou aanlyn te verwelkom!