Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-verhoudinge nooi jou hartlik uit na ons Wêreld van Werk-week – ‘n jaarlikse ontwikkelingsgeleentheid vir jong alumni en hul loopbane. Wêreld van Werk is ‘n ”stadsaal”-gestileerde gespreksgeleentheid waar jong alumni, alumni-deskundiges en bedryfspioniers vrae kan vra aangaande loopbane, hul opinies kan deel en deeglik ondersoek doen oor hoe die wêreldwye werksomgewing tans daar uitsien. Gevolglik behoort hierdie gesprekke jou te help om jou huidige loopbaanrigting van nader te beskou en jou toe te rus om die pad na sukses aan te pak.
Vir hierdie weeklange reeks het ons vier opwindende onderwerpe gekies.
‘n Drievoudige uitdaging wat landbouwetenskaplikes in die gesig staar
Die Landbouwetenskappe-industrie staar tans ‘n driedubbele bedreiging in die gesig: voed ‘n groeiende bevolking, verskaf ‘n lewensbestaan aan boere, en beskerming van die omgewing. In hierdie bespreking gesels ons oor hoe om te werk te gaan om hierdie kwessies aan te spreek. Die paneellede sal ook leierskap, groei en loopbaanrigtings in die Landbouwetenskappe-bedryf bespreek.
Datum: Donderdag 4 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Jacomien de Klerk, Bestuurder van die Sitrus-akademie, in gesprek met Siziphiwe Dinwa Senior Tegnoloog: Agronomie en Innovasie, en Oloff Bergh, SSA Besturende Direkteur by COFCO Internasionaal
RSVP: Klik hier om by die sessie aan te sluit
Vir verdere besonderhede of navrae kontak: sindym@sun.ac.za
Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!