Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou hartlik uit na ‘n aanlyn gesprek getiteld “The road to becoming a …” Hierdie aanlyn bespreking vorm deel van ons nuutgestigte Jong Alumni Program se “Wêreld van Werk”-week – ons heel eerste loopbaanontwikkelingsgeleentheid vir jong alumni. Sluit asseblief by ons aan en hoor eerstehands van kliniese assistente op drie verskillende gebiede. Hulle sal wenke en raad oor die reis na spesialisering met jou deel. Jy sal ook die geleentheid kry om vrae te stel.
Die drie sprekers is:
- Dr Henk Krüger – Kliniese Assistent in Algemene Chirurgie
- Dr Jo-Mari Read – Kliniese Assistent in Paediatrie
- Dr Friederike Scannell – Kliniese Assistent in Narkose
Datum: Donderdag 16 September 2021
Tyd: 18:00 –19:15
Waar: Aanlyn (MS Teams) (‘n Skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur word.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom!