Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou graag om Maandag 31 Oktober 2022 vir ʼn unieke wynproe-ervaring by ons aan te sluit by die restaurant met die Suid-Afrikaanse tema, Park Tavern, in Southfields, Londen.
Ons verwelkom ook graag ons mede-alumni en eienaars van ʼn Franse wynlandgoed, Jaco en Petrie Terblanche van Chateau Lestevenie, in die land vir hierdie ervaring. Hulle gaan hulle ‘House of Terblanche’-wyne uit die Dordogne in Frankryk ten toon stel. Hierdie wyne is meesterlik bewerk en versny deur mede-Suid-Afrikaner, Matie en wynmaker, Ramon Scholtz.
Jy sal nie die proe van hierdie unieke Suid-Afrikaanse invloed op Franse wyne wil misloop nie. Kom luister na Jaco en Petrie se stories uit hulle studentedae en oor hoe hulle uiteindelik die eienaars van ʼn Franse wynlandgoed geword het, terwyl jy vyf (5) van hulle wyne proe en die heerlike peuselhappies van Park Tavern geniet.
Die wyne wat vir proe en bestelling beskikbaar is:
- Bergerac Rosé 2021
- Bergerac Rouge 2021
- Bergerac Rouge 2020
- Côtes de Bergerac Rouge
- Lestevenie Gold
Jy kan HIER meer oor hierdie wyne lees en die pryslys bestudeer.
Jaco en Petrie sal wyn saam met hulle na die Verenigde Koninkryk (VK) bring; as jy dus wyn vooraf wil bestel om ná die geleentheid huis toe te neem, of by jou huis te laat aflewer, plaas gerus jou bestelling per e-pos by info@chateaulestevenie.com. Jy sal ook bestellings by die geleentheid kan plaas, vir aflewering later.
Lees HIER meer oor Jaco en Petrie en hoe hulle in besit van ʼn Franse wynlandgoed gekom het.
Besonderhede van geleentheid:
Datum: Maandag 31 Oktober 2022
Tyd: 19:00 – 21:00
Plek: Park Tavern, Mertonweg 212, Londen SW18 5SW
Koste: £20 sluit wyn en peuselhappies in
Betaal en bespreek HIER teen Dinsdag 25 Oktober 2022.
As jy van enige Matie weet wat onlangs in die VK aangekom het en nog geen inligting oor geleenthede in die VK ontvang nie, vra hulle asseblief om per e-pos met Darryn Havenga in aanraking te kom, by darrynh@sun.ac.za.
Ons sien daarna uit om julle by Park Tavern te ontmoet.