Maties Crest Talks
Ons Maties Crest Talks is ’n reeks gesprekke met plaaslike en internasionale leiers.
Die doel van hierdie gesprekkke is om huidige en toekomstige leiers te inspireer, bekragtig, te lei en te fassineer. Met die Maties Crest Talks skep ons ’n platform vir leiers vanuit verskillende agtergronde, verskillende industrieë en kontekste om hul siening oor leierskap uitsluitlik met Maties-alumni te deel.
Vorige sprekers sluit in Rassie Erasmus, die voormalige hoofafrigter van die triomfantelike 2019 Springbok Wêreldbekerspan en huidige direkteur van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie; oudregter Edwin Cameron, Kanselier van die US en afgetrede Regter van die Grondwethof van Suid-Afrika; prof Keymanthri Moodley, Direkteur van die Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg aan die US; prof Thuli Madonsela, bekleër van die Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid in die Fakulteit Regsgeleerdheid en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika; Zackie Achmat, Mededirekteur van die NRO Ndifuna Ukwazi (Waag om te weet) en medestigter van die Treatment Action Campaign; prof Nicola Smit, Dekaan van ons Fakulteit Regsgeleerdheid; en dr Naledi Pandor, Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.
Ons beplan om nóg inspirerende gesprekke in 2022 aan te bied. Hou gerus jou e-pos inmandjie en ons sosiale media kanale dop vir verdere inligting.