Koshuise
Koshuise
Die Universiteit Stellenbosch spog met ’n lewendige en aktiewe gemeenskap van koshuise en PSO-strukture wat ’n rits alumniaktiwiteite deur die jaar aanbied. Onderskeie koshuise en PSOs bied jaarliks interaktiewe alumniprogramme aan wat eerstejaar-reünies, verjaarsdagreünies, gaslesings, sport- en kultuurgeleenthede insluit.
Vir 2022 is ons omtrent opgewonde om ’n nuwe reünie-model bekend te stel. Ons sal alumni-reünies vir al wat koshuis en PSO is tydens dieselfde naweek aanbied, naamlik ons jaarlikse Tuiskoms-en-Familienaweek. Dit sal 80 eerstejaarreünies en 10 verjaardagreünies insluit. Hierdie is ’n naweek wat jy nie moet misloop nie!
Met die dinamiese aard van die universiteitskalender en onsekerheid aangaande die wêreldwye COVID-19-situasie wat in gedagte gehou word, deel ons voorlopige aktiwiteite vir 2022. As jy nie byeenkomste vir jou spesifieke PSO of koshuis vind nie, moenie bekommerd wees nie; ons sal jou op die hoogte hou via e-pos, op ons onderskeie sosiale media-platforms en ons webwerf.
Dekade-reünies
As deel van die jaarlikse Tuiskomsviering bied ons eerstejaar-reünies aan vir ons 1972, 1982, 1992, 2002, en die 2012-kohort. Hierdie geleenthede sluit besoeke aan jou koshuis, kampustoere en ’n groot jaargroepmiddagete in. Ons het uitgereik na koshuis- en PSOalumni en bevestigde alumni-kampioene vir elke jaargroep. Hierdie kampioene sal Maties van elke jaargroep bymekaarbring om te herenig en Tuiskoms te vier. As gevolg van COVID-19-beperkings in 2021, sal 1971, 1981, 1991, 2001 en 2011 se eerstejaar-reünies ook by Tuiskoms 2022 aangebied word.
DAAG OP! En geniet die samesyn met jou naaste vriende in jou jaargroep en maak ook gebruik van hierdie geleentheid om herinneringe op te diep en vir die vale te netwerk.
Stel jy belang om deel van die beplanning te wees of betrokke te raak? Kontak asseblief vir dfvandyk@sun.ac.za sodat ons jou in kontak kan bring met huidige alumni-kampioene.
Serruria 45ste Reünie
Vrydag 9 September – Saterdag 10 September
As een van die trotse susters, word Serruria 45 jaar in 2022. Ons nooi al ons alumni om daardie naweek saam met ons op ’n nostalgietoer te gaan. Kontak ons asseblief en deel jou Serruria-storie, ons luister graag na stories oor die generasies heen. Kontak asseblief vir Alicia Shelembe by 23733667@sun.ac.za vir meer inligting.
Goldfields
Vrydag 9 September – Saterdag 10 September 2022
Aangesien ons 35 jaar vier, glo ons dat dit ’n ideale geleentheid is om weer met ons alumni te skakel en ons Goldfields-netwerk uit te bou. Ons gaan ’n reünie as deel van Tuiskomsnaweek aanbied – sluit gerus by ons aan. Kontak asseblief vir Noko Phukubye by 23710276@sun.ac.za vir meer inligting. ’n Volledige program sal volg.
Huis Ten Bosch 85ste Reünie
Vrydag 9 September – Saterdag 10 September
Ons sien uit daarna om hierdie belangrike reünie-geleentheid te vier, veral omdat ons vir die eerste keer met ons nuut-opgeknapte huis aan ons alumni kan spog. Bring jou medeMaties en sluit by ons aan vir hierdie prettige naweek. Kontak asseblief vir Mieke Wiehman 23721146@sun.ac.za vir meer inligting.