Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Menu

  • Afrikaans
  • English

Verjaarsdae

Ons sien uit na ’n fenomenale jaar met die volgende koshuise wat hul verjaarsdae vier en alumni-reünies aanbied: Huis ten Bosch (85), Majuba (55), Huis Marais (75), Goldfields (35) en Serruria (45). Weens die COVID-19-pandemie, moes Helderberg (75), Eendrag (60), Heemstede (55), Dagbreek (100) en Metanoia (15) hul verjaardagvieringe in 2021 kanselleer. Hierdie mylpale word egter vanjaar met mening gevier.

As jy jou koshuis of PSO wil kontak, stuur gerus ‘n e-pos aan dfvandyk@sun.ac.za.

Heemstede 55ste Reünie

Heemstede vier vanjaar haar 55ste bestaansjaar en ons wil graag hê dat jy deel van die vieringe moet wees. Sluit asseblief by ons aan op Saterdag 10 September vir nie een nie, maar twee geleenthede — ‘n heerlike laatontbyt en dan ook ‘n kultuuraand.

Julle kry ook geleentheid om deel te neem aan ons kultuuraand – laat weet net vir Emma Hewitt by 074 586 5335 of 23642475@sun.ac.za indien jy ‘n item wil lewer. Stuur asseblief ook foto’s van jou tyd in Heemstede na Emma.

Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 10 September 2022
Tyd: Laatontbyt – 09:00
        Kultuuraand – 19:00
Plek: Heemstede
Drag: Informeel
Prys: Laatontbyt – R250
         Kultuuraand – R150

RSVP: Stuur aseblief ‘n epos na homecoming@sun.ac.za om jou plek te bespreek. Plekke is beperk, so ons raai jou aan om so gou as moontlik te bespreek. KLIK HIER vir die program.

Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.


Sien jou in Matieland!

Klik hier om jou kaartjie te koop: https://www.quicket.co.za/events/181754-heemstede-55-reunion-reunie/

Eendrag 61-vieringe

Die Huis nooi jou hiermee uit na sy 60ste en 61ste verjaardagreünie wat op Saterdag 10 September 2022 plaasvind.

Sluit asseblief by ons aan waar jy weer kontak kan maak met ons broers van ouds en die glorie van ons universiteitsdae onder die Jakarandas kan herleef. Besoek weer die eetsaal en stap deur die quad op pad na die Teekan.

KLIK HIER vir ons program. 
RSVP: Stuur aseblief ‘n epos na homecoming@sun.ac.za voor 
Vrydag 26 Augustus 2022 om jou plek te bespreek.

Vir enige vrae, kontak vir Stefan Rossouw by 23635665@sun.ac.za. Ons sien uit daarna om jou by die reünie-vieringe te verwelkom!
 
Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk.  KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Klik hier om jou kaartjie te koop:  https://www.quicket.co.za/events/181704-eendrag-61-reunion-reunie/

Hombré Reünie

Net sowat twee maande, dan vier ons ‘n spesiale Hombré-reünie op die Stellenboschkampus. Ons sien behoorlik uit na die naweek se feesvieringe!

Hier dan nou, die finale program en ook die skakel waar jy betalings tot Vrydag 26 Augustus kan doen.

Vrydag 9 September 2022
Eerstejaarsgroepe kom byeen (afsonderlik of ‘n paar eerstejaarsgroepe tesame) in klein groepies (sonder gades). Kontak gerus jou dekade-groepverteenwoordiger indien jy by ons Vrydag-aktiwiteite wil aansluit.

Ons dekade-organiseerders
1969 – 1979 Roelof Feenstra (roelof@feenstrainc.co.za), Johann Aspeling (jaa@sun.ac.za), Fanie Jonker (faniejonker7@gmail.com)
1980 – 1985 Herman Kocks (kocks.herman@gmail.com), Kolie Lotz (lotzk@pvbm.co.za)
1990-1999 Paul Chepmell (pchepmell@gmail.com), Conrad Dempsey (conrad.dempsey@rmb.com.na), Stephen Cunliffe (stevecunliffe@gmail.com)

Saterdag 10 September 2022
10:00 – Kampustoer (met gades), sal drankies en ligte versnaperinge voor en daarna insluit.
12:30 – ‘n Tradisionele Hombré Huisvergadering (sonder gades) waar twee sprekers ‘n kort inleiding sal gee en daarna sal die vloer oop wees vir almal se insette.
15:00 en verder – Spitbraai, wyn en goeie geselskap (gades word genooi).

Plek: Stellenboschkampus. Ons deel meer besonderhede nader aan die tyd.
Verblyf: Daar is verblyf opsies beskikbaar op kampus, klik hier vir meer inligting.

KLIK HIER om jou plek te bespreek en jou spitbraai-kaartjie teen R350 te koop.

Sluit gerus aan by ons Hombré-reünie Whatsapp-groep vir die jongste inligting. Stuur ook foto’s van jou tyd op Stellenbosch, asook enige navrae aan homecoming@sun.ac.za.  Jou foto’s sal op die Hombré-groep op www.matiesconnect.com gepubliseer word.

Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.


You’re welcome to join our Hombré Reunion WhatsApp group for the latest information. And please send any photos of your time in Stellenbosch as well as any queries, to homecoming@sun.ac.za. Your photos will be posted on the Hombré group on www.matiesconnect.com.

The reunion forms part of the University’s annual Homecoming weekend for alumni taking place from Thursday, 8 September to Saturday, 10 September. This means we can promise plenty of opportunities for you to reconnect and network with fellow Maties. CLICK HERE to book your spot.

Metanoia 15de Reünie

Dit is met groot opwinding dat ons jou nooi na Metanoia se Sweet 16-reünie wat op Vrydag en Saterdag, die 9de en 10de September 2022 plaasvind.
Hierdie naweek is propvol aktiwiteite. Gaan jy by ons aansluit?

Die besonderhede vir elke geleentheid is soos volg:

Vrydag 9 September om 18:00 – Meta Speletjies-aand en Quad-party
Julle sal in spanne verdeel word en teen mekaar meeding in ‘n verskeidenheid prettige speletjies, perfek vir alle ouderdomme. Daar gaan selfs ‘n goeie skoot MetaZombies-pret wees wat jou omtrent aan destyds sal herinner! Speletjiesaand sal oorgaan in ‘n Meta Quad-party waarvan die tema ‘disko’ is, so gaan bos.

Saterdag 10 September om 09:00 – Meta Laatontbyt-piekniek
Kom geniet ‘n intieme brunch. Ons spring uit die blokke met die Rubix Cluster-dans wat vinnig en maklik is om te leer, so moet jou nie bekommer nie. Daar sal op die dag verskeie brunch-opsies wees om van te kies.

Dan is daar ons Pulppapier Droomprojek waar jy ‘n boodskap of gedagte op ‘n klein pulpbladsytjie neerskryf om te plant met ‘n spekboom wat ons vir jou as geskenk gee. Terwyl ons brunch geniet, kan jy jou regmaak vir ‘n vermaaklike Terugblik Terugtog, waar ons almal ons beste herinneringe en ook ergernisse van ons tydjie in Metanoia sal deel.

Saterdag 10 September om 17:00 – Meta Sweet 16 Universiteitsdans en -aandete Verjaardagpartytjie Mashup
Ons sluit Tuiskomsnaweek af met ons Sweet 16 Universiteitsdans en -aandete Partytjie. Tof jou op en marineer in die atmosfeer. Dink fotohokkie, karaoke, lip sync-bekgevegte, poeding en koek. En dis nie nodig om ‘n oppasser te reël nie – die kleinspan is welkom. Ons gaan ‘n kinder-area oprig waar hulle hul eie pret kan hê. Boonop is daar ‘n prysuitdeling om na uit te sien!

Ons besef dis dalk nie vir jou moontlik om al die geleenthede by te woon nie, so kaartjiepryse is as volg:
  • Meta Speletjies-aand en Quad-party: R50
  • Meta Laatontbyt-piekniek: R140
  • Meta Sweet 16 Universiteitsdans en -aandete Verjaardagpartytjie Mashup: R510
  • Kombinasiekaartjie vir al die Meta-geleenthede: R600
KLIK HIER om jou plek te bespreek en kaartjies te koop.

RSVP: Stuur ‘n epos na homecoming@sun.ac.za om jou plek te bespreek.

Kinders onder die ouderdom van 13 is welkom om by te woon sonder enige ekstra koste. Ons vra dat jy die aantal kinders wat bywoon sal aandui deur hierdie skakel te gebruik: https://forms.office.com/r/w07cc0BVjK

Enige vrae? Kontak asseblief die Metanoia Alumni-vereniging se Uitvoerende Span:
  • Dave Binza (Voorsitter/HK van Alumni): 081 586 3135; 21605149@sun.ac.za
  • Erin Thornhill (Ondervoorsitter): 062 361 4534; 25974556@sun.ac.za
  • Aneka Bellingan-Kruger (Administratiewe Beampte): 084 392 2046; 25939440@sun.ac.za
Hierdie reünie vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Bring die GEES, hou die vibes lewendig en sluit by ons aan om iets spesiaals daarvan te maak.

Ons sien daarna uit om jou te verwelkom!

Klik hier om jou kaartjie te koop:  https://www.quicket.co.za/events/181753-metanoia-sweet-16-reunion-reunie/
FIND OUT MORE

Helderberg 75ste Reünie

Ons vier Helderberg se 75ste verjaarsdag en ons het ‘n vol program van opwindende geleenthede spesiaal vir jou beplan. Sluit by ons aan op Vrydag 9 September en Saterdag 10 September, kom onthou en herleef saam spesiale ervarings en geniet die beste wat die Republiek van Helderberg kan bied.

Jy kan uitsien na ‘n potjie gholf, ‘n rugbywedstryd, ‘n onvergeetlike Jack Wells-kuier, laatontbyt, ‘n spitbraai en soveel meer. KLIK HIER vir die volledige program en KLIK HIER om jou kaartjies te koop.

Hierdie reünie vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Enige vrae? Kontak gerus vir Hugo by 23640758@sun.ac.za of homecoming@sun.ac.za.

Ons sien uit om jou te verwelkom!

Matie-groete

Majuba 55ste Reünie

Majuba Grysduif, jy word hartlik uitgenooi na ons reünie op Vrydag, 9 September 2022 om dié koshuis se ongelooflike 55 bestaansjare te vier.

Ons reünie-program
Vrydag, 9 September
17:00
 – Aankoms by Majuba
17:30 – “Dood van Majuba”-seremonie in die quad
18:00 – Huisvergadering waar, onder andere, ‘n nuwe Oud Majubane-bond (OMB) verkies sal word
19:30 – Spitbraai-aandete (R330 per persoon)
Oornagverblyf by die koshuis.
(Daar sal 55 kamers beskikbaar wees wat die 55 jaar simboliseer, teen R250 per persoon. Bring eie beddegoed)
Saterdag, 10 September
09:00 – Laatontbyt (Vir diegene wat oorslaap teen R120 per persoon)

Klik hier om jou plek te bespreek teen. Die afsnydatum vir RSVPs is Sondag, 14 Augustus 2022. Maak seker dat jy dit nie misloop nie.

Hierdie vieringe val saam met die Universiteit se jaarlikse Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag, 8 September tot Saterdag, 10 September plaasvind. Daar sal gevolglik heelwat geleentheid wees om weer kontak te bewerkstellig en met mede-Maties te netwerk – reg in die hartjie van Matieland! Besoek www.matiesalumni.com

Ons kan nie wag om tyd met jou deur te bring nie. Kom en ontmoet weer ou vriende en roep daardie wonderlike studentedae in herinnering.

Kontak gerus vir Rocco van Velden, 23777486@sun.ac.za indien jy enige navrae of het of meer inligting benodig.

Kom vier 67 jare van Simonsberg

Donderdag 8 September – Saterdag 10 September 

Simonsberg vier vanjaar sy 67ste bestaansjaar!

Die Simonsberg Oudbond komitee gee hiermee kennis dat Simonsberg vanjaar sy 67 jare van “gees” met ‘n reünie vir oud-Simonsbergers gaan vier.

Reserveer solank hierdie datums.
Datums: Donderdag 8 September, Vrydag 9 September en Saterdag 10 September 2022
Plek: Simonsberg-manskoshuis
Funksies: Gholfdag, informele klub/quad-funksie, huisvergadering, ontbyt en baie geleentheid om gees te bou, net soos die manne van die Withuis dit kan doen.

  • Klik hier vir die naweek se program.
  • Klik hier om jou plek te bespreek.

Let wel:
Alle besprekings en betalings kan slegs op ons platform gemaak word. Vir elke beskikbare item is daar slegs ‘n beperkte aantal plekke. Die toegelate plekke sal toegeken word aan die manne wat eerste bespreek en betaal.

Besoek ook  www.simonbond.org.za en maak seker dat jou kontakbesonderhede op datum is.

Manne! Hierdie vieringe val saam met die Universiteit se jaarlikse Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. 

Goldfields 35ste verjaarsdagviering

Goldfields vier vanjaar sy 35ste bestaansjaar en jy word uitgenooi! Sluit asseblief op Vrydag 9 September by ons aan vir ‘n verjaarsdagviering by jou voormalige tuiste. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om weer ou vriende te ontmoet en herinneringe op te diep.

Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Vrydag 9 September 2022
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Goldfields-koshuis, Hammanshandweg, Stellenbosch, 7600
Prys: R250 per persoon
RSVP: Stuur asseblief ‘n e-pos na homecoming@sun.ac.za om te bespreek. KLIK HIER vir ons program.

Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk.  KLIK HIER om jou plek te bespreek.


Ons is opgewonde om jou weer op Stellenbosch te verwelkom. Enige navrae? Kontak gerus vir Noko Phukubye by 23710276@sun.ac.za.

Klik hier om ‘n kaartjie te koop: https://web-apps.sun.ac.za/eps-web-pay/spring/main-path/quickpay/2000206

Huis ten Bosch Vier 85-jaar

Huis ten Bosch vier vanjaar haar 85ste bestaansjaar en jy word uitgenooi! Sluit asseblief op Saterdag 10 September by ons aan vir ‘n heerlike laatontbyt by jou voormalige tuiste. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om weer ou vriende te ontmoet, herinneringe op te diep en ons opgraderings na die 2019-brand te sien.

Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 10 September 2022
Tyd: 09:15 – 
11:15
Plek: Huis ten Bosch
Drag: Informeel
Prys: R200 per persoon
RSVP: Stuur asseblief ‘n e-pos na homecoming@sun.ac.za o
m te bespreek. Daar is beperkte plekke beskikbaar, so ons raai jou aan om so gou moontlik te bespreek. KLIK HIER vir ons program.

Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Ons is opgewonde om jou weer op Stellenbosch te verwelkom. Enige navrae? Kontak gerus vir Mieke Wiehman by 2371146@sun.ac.za.

Klik hier om ‘n kaartjie te koop: https://web-apps.sun.ac.za/eps-web-pay/spring/main-path/quickpay/2000204

Dagbreek Straatmyl

Ons immergewilde Dagbreek Straatmyl sal weer in die skilderagtige Victoriastraat plaasvind. Die eerste Straatmyl is in 2011 gehou ter ere van De Villiers Lamprecht. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat ’n droommyl (die myl in minder as vier minute) gehardloop het – ’n afstand van 1 609 m. Die geskiedkundige wedren het op 13 November 1964 by Coetzenburg-stadion plaasgevind. De Villiers was destyds ‘n Dagbreek-inwoner. Maak gereed om jou drafskoene aan te trek en sluit aan by Dagbrekers terwyl hulle die Dagbreek Straatmyl aandurf.

Wynveiling

Ons jaarlikse wynveiling is beslis op die kalender. Sluit by ons aan terwyl ons weer fondse vir ons Beursfonds insamel. Vir inligting, e-pos asseblief: alumniwineclub@sun.ac.za.
  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!