Breëriviervallei

Die Breëriviervallei-tak, wat in 2020 bekend gestel is, was die eerste amptelike Matie-alumni-tak in Suid-Afrika. Na vele suksesvolle geleenthede en netwerkgeleenthede die afgelope twee jaar, is die leierskap aan Carli Broodryk en haar span vrywilliger-alumni oorgedra. Met die groter Worcester-gebied as basis, is meer afgeleë dorpe en gebiede soos Tulbagh, McGregor en Robertson in die reikwydte van hierdie entoesiastiese tak ingesluit. Minstens drie hoofgeleenthede word vir 2023 beplan en alle plaaslike alumni word versoek om by hierdie netwerk aan te sluit. Kom herleef vriendskappe, herenig met mekaar, en ontdek die warmte inherent aan ons Matie-kultuur en gemeenskap.
Dagboek hierdie datums
- Donderdag 2 Maart – Die basiese gebruik om ’n geluk-uur (of happy hour in Engels) te geniet bestaan waarskynlik al so lank as wat die mens oor ’n goeie luim en vrye tyd beskik. So, kom sluit gerus by ons aan vir ons “Happy Hour”-takgeleentheid. Ons waarborg jou dat jy in ’n gemoedelike bui (om ’n Matie te wees) sal vertrek!
- Saterdag 19 Augustus – Maar is dit kuns? ’n SWAN Interaktiewe Kunsgeleentheid om na uit te sien.
- Donderdag 19 Oktober – Sluit aan by die ekonomie-historikus en skrywer prof Johan Fourie wat oor die verrykende reis en die lang tog na ’n beter ekonomiese toekoms gesels.
Indien jy navraag wil doen oor die beplande aktiwiteite, of betrokke wil raak, stuur ’n e-pos aan alumnihubs@sun.ac.za.