#SWAN: Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk
Uitstaande vroulike gegradueerdes van die Universiteit Stellenbosch het oor die jare beduidende bydraes gelewer tot die velde van handel, die kunste en geesteswetenskappe, en wetenskap en tegnologie. Prominente entrepreneurs en uitvinders is onder hulle. Om hul stempel op ons samelewings, ons nasie en die wêreldarena te laat, het hierdie vroue baie moeite gedoen.
Die Stellenbosch Women Alumnae Network (SWAN) fokus nie net vir ‘n dag op ons buitengewone vroue nie, maar vir die hele maand van Maart ter ere van Internasionale Vrouedag, wat op 8 Maart regoor die wêreld gevier word.
Ons SWAN-leiers in die verskillende alumni-afdelings regoor die wêreld is aan boord en het ‘n reeks geleenthede gereël, beide aanlyn en persoonlik, om vir ‘n verskeidenheid belangstellings voorsiening te maak.
Hierdie geleenthede sluit in netwerkbyeenkomste asook praatjies oor aktuele gebeure en pragtige bergstaptogte. Of jy nou in Suid-Afrika, Namibië, die VK, Kanada, die Verenigde State of Europa is, ons lê die rooi tapyt uit en gee jou ‘n BBP-toegansgkaartjie sodat jy kan partytjie hou, ervarings met mekaar deel en mekaar leer ken.
Internasionale Vrouedag word op 8 Maart gevier. Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge wy Maartmaand in geheel aan ons legendariese Matie-vroue en hul strewe na gendergelykheid.
Die loopbaanafrigter Roxanne Botman is ’n vurige voorstander van gendergelykheid en haar lewe is toegewy daaraan om die welstand van vroue oraloor te verbeter. Haar vasberadenheid en krag het ’n generasie vroueleiers geïnspireer en maak die wêreld ’n beter plek vir ons almal.
Sluit gerus by ons aan op Internasionale Vrouedag om na Roxanne Botman se inspirerende verhaal te luister en uit te vind hoe haar werk ’n verskil maak.
Roxanne vind die 2023 Internasionale Vrouedag-tema, omarm gelykheid (#EmbraceEquity), van die uiterste belang omdat dit tekenend is van haar eie begeerte om broodnodige verandering te help bring.
Besoek die SWAN-webskakel vir meer inligting.
Triya Govender, ʼn gegradueerde van die Stellenbosch Bestuurskool, veg reeds van jongs af teen maatskaplike onregte deur ʼn lens wat deur ʼn opvoeding in feminisme geslyp is. Sy het deur nieregeringsorganisasies (NRO’s) met die klem op onderwys (wat een van Triya se belangstellings is), ook aan vaardigheidsontwikkeling en onderrig op voetsoolvlak deelgeneem. Sy het tot die finansiëledienstebedryf toegetree, omdat sy mense op ʼn blywende wyse wou ophef. Sy wil graag verseker dat vroue toegang tot finansiële stabiliteit het en haar werk in hierdie veld het beteken dat sy haar persoonlike en professionele doelwitte kon kombineer.
Triya stel die stelsel op die proef om die status van vroue te verhoog en is deel van ʼn paneel van ongelooflike Matie-vroue wat op 8 Maart die onderwerp, “The Gender Gap: Creating Transparency for Women to Thrive” (Die Gendergaping: Skep deursigtigheid sodat vroue kan floreer), sal bespreek.