Loading Events

Aanlyn met Steph du Toit

Die COVID-19-pandemie beïnvloed steeds verskeie sportkodes en -byeenkomste regoor die wêreld. Hoe nou gemaak vir ons sportlui? Sluit op Donderdag 28 Mei by ons aan vir ‘n aanlyn gesprek met Matie-alumnus, Stephan du Toit, hoof van atletiekprestasie vir Stade Français Parys.

Stephan sal die impak van COVID-19 op die sportwêreld bespreek en gesels oor sy werk en ervarings met professionele spanne, individue en afrigters.

Datum: Donderdag 28 Mei 2020

Tyd: 12:30 tot 13:30

RSVP: E-pos vir alisonapril@sun.ac.za om te RSVP.
Plek: Join Microsoft Teams Meeting

Stuur gerus spesifieke vrae vir Stephan vooraf na alisonapril@sun.ac.za aangesien ons slegs ‘n beperkte geleentheid vir vrae na afloop van die bespreking sal hê.

Ons kan nie wag om jou aanlyn te sien nie!