“Ek glo vas dat ’n gebrek aan befondsing nie sukses moet kniehalter nie, en toegang tot opvoeding behoort nie van welvaart af te hang nie. As ’n samelewing moet ons ’n poging aanwend om in sosiale geregtigheid te belê. Dit begin deur aan elke kind en elke jongmens ongeag ras, gender en sosio‑ekonomiese status ’n regverdige kans te gee. Inklusiewe ontwikkeling betrek almal en laat niemand agter nie.”-Prof Thuli Madonsela.
Ons het ’n missie om opvoeding toeganklik te maak vir almal, ongeag hul finansiële agtergrond. Ons doel is om studente wat met skuld worstel te help om hul studies voort te sit, met gemak te gradueer, en uiteindelik suksesvolle lede van die samelewing te word.
Die #Action4Inclusion (#A4I)-inisiatief is in 2020 van stapel gestuur as ’n samewerkende poging deur die Studenteraad aan die Universiteit Stellenbosch (US); die Universiteit se Stigtingsdirekteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid (voorheen die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid), prof Thuli Madonsela; die voormalige dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, prof Sonia Human; en ander ambassadeurs vir sosiale geregtigheid. Dit is een van verskeie inisiatiewe wat onder die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds val. Hierdie fonds stel die gemeenskap in staat om ons studente te ondersteun en die gaping tussen talent en finansiële behoefte te verklein – iets waaroor ons almal besorg is.
Die fondse wat ons met die #Action4Inclusion insamel, word gebruik om studente te ondersteun wat weens uitstaande studiegelde nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie, asook gegradueerdes wat nie toegang tot hul akademiese rekords het wanneer hulle gradueer nie, en hul vermoë beïnvloed om tot ’n talentvolle arbeidsmag by te dra. Ons glo dat opvoeding ’n reg is, nie ’n voorreg nie, en ons wil graag ’n meer inklusiewe omgewing skep waarin alle studente kan gedy.
HOE JY JOU ONDERSTEUNING KAN WYS
“Die Universiteit Stellenbosch glo vas dat geen verdienstelike student op grond van dié se finansiële posisie toegang tot hoër onderwys geweier behoort te word nie,” sê prof Wim de Villiers, US Rektor en Visekanselier.Hy vervolg: “Die US wys jaarliks ’n aansienlike gedeelte van die instansie se inkomste – afkomstig uit staatsubsidies en studentegelde – aan studentebeurse toe. Die Universiteit ervaar egter toenemende finansiële druk omdat staatsubsidies aan universiteite geleidelik afneem. Beduidende bedrae uitstaande studenteskuld vererger ons kommer, aangesien ons nie die geld kan afskryf wat aan die Universiteit verskuldig is nie, juis omdat dit van kritiese belang vir die voortsetting van ons bedrywighede is.
Alle uitbetalings is onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse elke jaar. Versoeke om bystand moet aan die koördineerder, Marna Lourens, gerig word en alle begunstigde studente word van die betrokke besluite ingelig. Kom sluit by ons aan in ons pogings om opvoeding vir almal toeganklik te maak. Jou skenking kan ’n student se lewe verander. Om die #A4I beursfonds te ondersteun, besoek asseblief ons aanlyn skenkingskakel by https://www.givengain.com/cc/action4inclusion/. Saam kan ons ’n meer inklusiewe toekoms vir almal skep. "Ons skop ons steun aan die #Action4Inclusion-inisiatief af met die 2023 Varsitybeker-seisoen, teen die agtergrond van dié onderneming se toewyding om studente se lewe te verander," -sê , Ilhaam Groenewald, die Universiteit Stellenbosch se Hoofdirekteur: Maties Sport. Maties Sport verteenwoordig ’n stewige voetspoor, sowel intern as ekstern, en deur ons onderskeie sportinisiatiewe poog ons om ’n verskil in die lewe van US studente te maak.
#Action4Inclusion beursfonds
Die stand van die #A4I-beursfonds is tans laag, maar met jou ondersteuning kan ons ’n beduidende verskil in die lewe van ons studente maak. Sodra die fonds R100 000 bereik, kan ons uitbetalings begin om finansiële bystand van tot R20 000 aan voorgraadse US-studente te verleen en te help met registrasiegelde of studieskuld. In uitsonderlike gevalle kan die uitbetalingskomitee selfs oorweeg om die uitstaande skuldbedrag by graduering te verhoog tot ’n maksimum van R50 000 per student, soos deur die komitee bepaal. Bridge the Gap is nie ’n volkoste-studiebeurs nie, maar ’n aanvullings- of ondersteuningsfonds vir voorgraadse studente aan die US in gevalle waar alle ander befondsingsweë uitgeput is. Voorgraadse studente moet elke jaar aan die minimum akademiese vereistes vir hertoelating of vir graduering voldoen. Die fonds ondersteun terugkerende US-studente wat sukkel om die volle of ’n gedeelte van die jaarlikse registrasiegeld aan die begin van die akademiese jaar te betaal, sowel as finalejaarstudente wat ’n behoefte aan finansiële steun vir gradueringsdoeleindes het. ’n Komitee bestaande uit een ambassadeur vir sosiale geregtigheid en twee universiteitsverteenwoordigers, wat een lid van die Kantoor vir Beurse en Lenings en een lid van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid insluit, hou toesig oor die verspreiding van fondse. Hierdie komitee ontvang jaarliks teen einde November die jongste US-studenteskuldlys en identifiseer finalejaarstudente met skuld op hul rekening. Uitgesoekte studente word dan geskakel en genooi om aansoek te doen met behoorlike motivering vir finansiële steun. Voorgraadse studente moet die behoefte aan finansiële bystand aandui deur middel van ’n formele ondertekende motivering van een bladsy ten einde voordeel uit registrasie of skuldverligtingshulp teen jaareinde te kan trek.
Vir 'n vinnige en maklike manier om te skenk, skandeer gerus hierdie SnapCode met jou SnapScan- app!
Maak ’n donasie op die aanlyn skenkingsplatform GivenGain. Alle skenkings, maak nie saak of dit groot of klein is nie, is beslis welkom en word werklik waardeer.
Givengain
Kom ons bly in kontak. As jy nog nie op ons Maties Connect-platform geregistreer is nie — waarvoor wag jy? Daar kan jy jou kundigheid deel, op hoogte bly van mede-Maties se doen en late en jou loopbaan bevorder. Klik hier om aan te sluit Click here to join
VIR MEDIA-NAVRAE
Naam: Candice Egan
E-pos: eganc@sun.ac.za
Selfoonnommer: 083 235 3160
Naam: Thembalethu Seyisi
E-pos: 22301763@sun.ac.za
Selfoonnommer: 072 785 3218