Eenkeer 'n Matie,
altyd 'n Matie
“Onderwys is die magtigste wapen wat u kan gebruik om die wêreld te verander” – Nelson Mandela, bekroon met ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch, 1996.
Die Universiteit Stellenbosch is jy – nes die meer as 200 000 ander alumni oor die wêreld heen wat aan Matieland verbind is op maniere net so uiteenlopend soos julle.
Ons nooi jou om jou persoonlike bande met die Universiteit te verken terwyl jy ander waardevolle Matieverbintenisse ondersoek.
Jy sal opmerk dat Maties oor die land, die kontinent, en die wêreld heen gemeenskappe vorm – want daar is gedurig iets aan die gang, daar is altyd die een of ander program aan die gebeur. Hierdie programme skep unieke ervarings deur verbintenisse uit te wys, Maties bymekaar te bring, en die verreikende invloed van jou alma mater te beklemtoon.
Waarom sluit jy nie ook by een van die nasionale of internasionale hubs aan nie? Dit sal jou in staat stel om met ander Maties te netwerk, betrokke te raak, jou tyd of jou talent beskikbaar te stel, en idees te verken.
Die US Alumni het ’n vrywilligersnetwerk van alumnihubs in 22 sentrums die wêreld deur geskep – en dit groei steeds. Deur middel van hierdie hubs word daar jaarliks verskeie sosiale geleenthede en opvoedkundige programme plaaslik en aanlyn aangebied. Daar is iets vir almal!
Alumni keer om verskillende redes na Stellenbosch terug. Sommige klim op ’n bus om saam met vriende vir ons jaarlikse Tuiskomsvieringe bymekaar te kom; terwyl ander die oseaan vir hul koshuisreünie oorsteek.
Sommige arriveer op ons Opedag saam met hul tienerkinders wat daaraan dink om die Universiteit Stellenbosch by te woon, en ander keer virtueel terug om die
biblioteek te gebruik of aanlyn na lewendige, gedagteprikkelende praatjies te luister.
Wanneer jy dan wel terugkeer, nooi ons jou om ’n toer deur die kampus te onderneem en te kyk wat nuut is en wat dieselfde gebly het. Begin by die nuwe Alumniverwelkomingsentrum by Die Stal, besoek die Neelsie, stap deur die Botaniese Tuin of kom loer in by jou gunsteling prof in die laboratorium. Jy kan enige tyd terugkom – die Universiteit Stellenbosch is hier vir jou.
In 2020 het ons die SWAN-netwerk en die Jong Alumninetwerk van die Universiteit Stellenbosch geloods. Lees gerus meer oor hierdie nuwe en opwindende programme in ons Alumni-interaksie Kalender.
Ondanks COVID-19 het ons ’n ruim verskeidenheid gesprekke en byeenkomste aangebied, opnames onder spesiale belangegroepe gedoen, na konserte
geluister, en virtuele kunstoere onderneem.