Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Maties Connect

As ’n Matie, is jy een van meer as 200 000 Universiteit Stellenbosch- (US-)alumni wêreldwyd. Ons nooi jou graag om as ’n

lid van Maties Connect te registreer. Dié platform maak dit makliker vir alumni om met mekaar en die Universiteit te skakel.

Maties Connect stel alumni in staat om ondervindings en kennis uit te ruil en toegang tot eksklusiewe beursaanbiedinge, geleenthede, netwerkvorming en verskeie ander geleenthede te geniet.

Met meer as 10 000 geregistreerde alumni op die platform, van wie 8 409 aangedui het dat hulle bereid is om te help, het jy kitstoegang tot ’n netwerk beroepslui wat jou ervaring van Matiewees deel.

Skakel met Maties
Op die platform/toepassing kan jy na werksgeleenthede kyk, uitnodigings na geleenthede ontvang, toegang tot mentorskapsgeleenthede kry, en met fakulteite, alumnitakke en die alumninetwerk skakel.

Eksklusiewe uitnodigings
Moenie die geleentheid misloop om ons wye verskeidenheid opwindende alumnibyeenkomste deur die hele Suid-Afrika, internasionaal én aanlyn by te woon nie.

Loopbaanbevordering
Is jy op soek na werksgeleenthede? Gaan kyk vandag na beskikbare poste op Maties Connect deur op die skakel hier onder te klik:
https://matiesconnect.com/jobs

Of wil jy dalk self mense in diens neem? Watter beter plek as jou alma mater om skrander jong werksoekers op te spoor? As jy jou soektog by jou alma mater afskop, geniet jy die voordeel dat jy persoonlike ondervinding het van die programme waarin die studente gradueer en dus weet wat hulle geleer het.

Dít bied jou ’n goeie verwysingsraamwerk van die tipe vaardighede wat hierdie studente waarskynlik het, en boonop bied jy onlangse gegradueerdes ’n kans om die arbeidsmark te betree. Om jou tot die US te wend om die beste en knapste studente te werf is daarom ook ’n uitstekende manier om terug te gee.

Beurse
Ondersoek die moontlikheid van finansiële bystand vir jou voor- en nagraadse studie met een van ons verskeidenheid beurse direk van die US of eksterne verskaffers.

Ons hou daarvan om op hoogte te bly van jou loopbaan en lewensveranderinge, en ons wil hê dat jy sukses moet behaal in wat jy ook al doen. Hier is ’n paar maniere waarop jy jou verbintenis met die US kan benut:

Persoonlike aanbevelings en onderskrywings
Of dit nou vir jou LinkedIn- blad, jou CV of ander aansoeke is, is jou US- dosente en -administrateurs goeie referente.

Netwerkvorming en verhoudingsbou
Betrokkenheid by alumnigeleenthede skep geleenthede saam met mede-alumni en US- gemeenskapslede wat jou loopbaan kan help bou.

Loopbaanadvies en-afrigting
Universiteitsvoorligting hoef nie op te hou wanneer jy gradueer nie. As jy van loopbaan wil verander of jou huidige loopbaan wil bevorder, sal ons personeel, dosente en administrateurs jou graag raad gee.

Verwysings
Die US-gemeenskap hou aan groei, en saam met daardie groei kom waardevolle kontakte sowel binne as buite die gemeenskap. As jy ’n sake- of diensverwysing nodig het, is ons sakegids die perfekte beginpunt.

Mentorskap
’n Mentor kan inspireer, wenke gee, jou aan iemand bekend stel, of as klankbord dien vir jou idees. Is jy op soek na ’n mentor, of dalk wil jy self graag een wees?

Op Maties Connect kan jy ’n mentor op jou vakgebied opspoor, of aanbied om ander te mentor.

CV-bou
Om aan ons geleenthede in Matieland deel te neem, met ons studente te gesels en jou ervaring en kennis met hulle te deel is ’n goeie manier om jou profiel as openbare spreker en kenner op jou gebied te verhoog.

Kyk ook gerus na die beskikbare werksgeleenthede by https://maties onnect.com/jobs .

Netwerke
Of jy nou op soek is na ’n Matie-gemeenskap na aan jou huis of net na aan jou hart, dít is waar jy begin.
Almal is welkom!

Alumnitakke
Spoor US-alumni en -vriende in jou omgewing op! Deel julle Matie-trots en -gees, en werk saam om die US se positiewe impak en werk saam om die US se positiewe impak op die
wêreld  uit te brei. Ons takke op die Maties Connect- platform bied verskeie sosiale, professionele, opvoedkundige en filantropiese geleenthede om jou te help om in kontak te bly en ’n verskil te maak.

Verwantskapsgroepe
Hierdie groepe skep ’n ruimte waar jy sowel sosiaal as professioneel met ander alumni kan skakel, diegene kan vier wat ’n verskil in hulle gemeenskappe maak, studente deur hulle studie kan ondersteun, en vele meer.  

Is jy ’n Matie-sake-eienaar?
As ’n trotse Matie, kan jy nou alumni- ondernemings ondersteun wat in ons gratis Matie-sakegids gelys word.

Ons by die US verstaan dat sakeleiers in hierdie tyd ná Covid-19 voor oorweldigende en wedywerende uitdagings en onbekende terrein te staan kom. Daarom bied ons gids sake-eienaars die geleentheid om hulle produkte en aanbiedinge gratis onder die

 Lys jou onderneming by https://matiesconnect.com/business-hub

Vir verdere inligting of enige vrae oor hoe jy jou onderneming moet lys, e-pos ons gerus by alumni@sun.ac.za

Dis maklik! Registreer binne twee minute met jou LinkedIn- of Facebook-profiel. Maties Connect is gebruikervriendelik, so registreer en gebruik gerus die platform op ál jou alumnigemeenskap te bemark. 

Loading...

GRATIS SAKEGIDS

Lees meer

Raak ingelig

Lees meer
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!