Die Impak van Gee

Tesame met ons vrygewige skenkers is ons besig om lewens te verander, gemeenskappe te transformeer en ons visie om ʼn toonaangewende openbare universiteit te wees met erkenning vir sy globale impak te verwesenlik.

Jou ondersteuning maak dit vir ons moontlik om een van Afrika se toonaangewende navorsingintensiewe universiteite te wees wat wêreldwyd beskou word as uitstekend, inklusief en innoverend en waar ons kennis bevorder in diens van die samelewing.

Danksy die vrygewigheid van ons tallose ondersteuners ‒ sommige van wie se stories hier voorkom ‒ kan Universiteit Stellenbosch nou meer geleenthede en beurse bied as ooit tevore wat veel meer skrander jongmense in staat stel om ʼn wêreldklasopvoeding te bekom. Te danke aan jou, blink ons studente uit in die klaskamer, in die werkplek en wêreldwyd.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak die Alumni-kantoor per e-pos by alumni@sun.ac.za.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.