Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

PreAlumni

#PAP: Pre-alumni-program

’n Netwerk voornemende Matie-alumni 

Die oogmerk met die Universiteit Stellenbosch Pre-alumni-program (US-PAP) is om bestaande US-studente betrokke te kry sodat daar ’n gevoel van trots en tuishoort tussen die studentegemeenskap en die personeel, ander studente, en die alumni van die Universiteit kan ontwikkel. Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge (OAB) wil graag ten nouste met die huidige studentegroep saamwerk om ’n standhoudende verhouding te vestig en aan te moedig sodat studente soomloos van pre-alumni na die globale US-alumni-netwerk kan oorskakel.

Die Pre-alumni-span wil 2 000 studente uit elke jaargroep se nuwelingstudente bereik met die volgende uitkomste voor oë:

  • Bou ’n Matiegemeenskap en Matie-trots.
  • Vestig ’n kultuur van gee.
  • Verseker dat Maties soomloos van studente- na alumni-status oorskakel.
  • Versterk alumni-deelname.

Maroen Maandae (Varsitybeker)

Maandag, 14 Februarie – Maandag, 25 April

Die #MaroonMondays-veldtog is daarop gemik om samehorigheid en ’n gemeenskapsgevoel onder US-alumni en huidige studente en personeel te skep deur ons Varsitybekerspan tydens die rugbyseisoen te ondersteun. Op Maroen Maandae kan alumni, huidige studente en vriende van die Universiteit die wedstryd van hul huise af volg en Maties-handelsmerkware dra om te wys dat hulle agter ons span staan. 

Dit skep ’n aangename stemming en ’n gevoel van tuishoort – daardie beroemde “Matie-gees” – onder rugbyondersteuners en almal wat “Maroen trots” het

Loopbaan-kafee

Augustus 2022

Mense se loopbaanontwikkeling word nie alleen bepaal deur die kwalifikasies wat hulle verwerf nie, maar ook deur die sagte vaardighede – soos kommunikasie en konflikhantering – wat hulle ontwikkel, sowel as die werkplek-kultuur en die samelewing waarin hulle hul bevind.

Die Covid-19-pandemie het verwoesting oor die wêreld heen gesaai, en Suid-Afrika was geen uitsondering nie. Tog het dit ’n geleentheid vir die OAB geskep om ’n meer gefokusde Loopbaankafee-program vir US-studente aan te bied. Hierdie gefokusde program wil studente help om noodsaaklike vaardighede vir die werkswêreld te bekom en hulle op ’n veranderde en veranderende postpandemie-wêreld voor te berei.

Voorgradedag

28 Julie 2022 

Voorgradedag is ’n tipe loopbaandag waar ons verskeie aspekte van die lewe ná graadverwerwing bespreek: hoe jy te werk gaan om werk te soek, ’n blyplek te vind, finansiële beplanning te doen ná die lewe in ’n universiteitskoshuis, ens.

Tuiskoms

8 – 10 September 2022

Die US se Tuiskoms-en-gesinsnaweek is ’n geleentheid vir alumni om weer hul alma mater te besoek, bande met ou vriende te versterk en die kampus te geniet. Ons glo dit is belangrik om Tuiskomsnaweek as ’n besonderse geleentheid op alumni se kalenders te vestig. Die beste geleentheid om dit te vermag is deur bewustheid van hierdie inisiatief onder pre-alumni te kweek terwyl hulle nog op kampus is.

Dag om te gee

6 – 7 Oktober 2022

Binne slegs 24 uur wil die US-gemeenskap die toekoms van ons studente – en die wêreld – verander. Jou skenkings kan studente se lewens verander en ’n verskil maak aan die sake waaroor jy passievol is. Skenk aan ’n veldtog wat by jou aanklank vind of aan ons Bridge the Gap-jaarfonds. Verander ’n lewe deur geleenthede te skep. Aktiwiteite neem die vorm aan van verskeie en diverse speletjies, soos ’n spinathon, die versiering van bome langs Victoriastraat, ’n stapmarathon, fietsry, tennis, fliekmarathons en sokkerwedstryde.

Gradeplegtigheidseisoen

Desember 2022

Gradedag is die afsluiting van ’n studenteloopbaan. Dis die einde van ’n era, die tyd om die sukses van ’n voltooide akademiese loopbaan te vier, nes die bande wat tydens jou universiteitslewe gesmee is, en die trots en vreugde daarvan om uiteindelik jou graad te verwerf. Dit is egter ook ’n bittersoet oomblik, want terwyl sommige alumni koers gaan kies om elders hul drome te verwesenlik, gaan ander op die kampus aanbly om nagraadse studies te onderneem. Dit is natuurlik ’n positiewe oomblik, want dan word jy ’n volwaardig lid van die US se alumni-netwerk. Die Pre-alumni-span se Gradeplegtigheidsgeleentheid lê die eerste bousteen vir ’n besonderse verbintenis en sosiale kapitaal. Ons klink ’n glasie op jou tydens ’n besoek aan die Alumni-sentrum en vier jou oorgang as ’n jong alumnus. Jy word lid van die Alumni-klub op grond daarvan dat jy jou graad aan die US behaal het

Word deel van die netwerk

> Jy word deel van hierdie netwerk deur aan te sluit by www.matiesconnect.com onder Pre-Alumni. Alternatiewelik, kontak Viwe Benxa by vbenxa@sun.ac.za.

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!