Tien Tuiskomste. Een Matie-familie.
Wat begin het as ’n eenvoudige idee om Maties weer saam te bring, het gegroei tot een van US se mees geliefde tradisies. Dié brosjure neem jou op ’n reis deur tien jaar se Tuiskomsnaweke — met terugblikke op spesiale oomblikke, herinneringe wat ons steeds koester, en alles wat jy van vanjaar se program kan verwag.
Ontdek hoe jy weer kan skakel met jou alma mater, deel kan wees van die feesvieringe, en jou plek inneem in die storie wat ons saam bou. Of jy verlede jaar of dertig jaar gelede gegradueer het, Tuiskoms is vir jou.
Want een ding bly seker: Eenmaal ’n Matie, altyd ’n Matie.
Besoek die brosjure hier.
2025 ALUMNI-KALENDER
Die 2025 Alumni-kalender is nou beskikbaar, met meer as 160 alumni-geleenthede oor 5 vastelande. Ons sien uit na ’n onvergeetlike jaar!’n Spesiale dankie aan die meer as 600 Alumni-vrywilligers wat die Matie-netwerk laat floreer!Kry dit hier.