Beëindig geslagsgebaseerde geweld (GBV)

16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld (Eng. GBV) is ’n wêreldwye veldtog wat op 25 November – Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue – begin. Dit duur tot 10 Desember, wat Internasionale Menseregtedag is.

By die Universiteit Stellenbosch (US) sluit ons ons by hierdie veldtog aan deur erkenning te gee aan die sosiale, ekonomiese, kulturele en politieke prestasies van vroue asook hulle onophoudelike toewyding aan die stryd om geslagsgelykheid, en deur dit te vier.

Die US-alumnae op wie die kollig tydens ons #EndGBV-veldtog val, kom uit alle sfere van die lewe en verteenwoordig ’n fraksie van die honderde vroue oor die wêreld heen wat aan die voorpunt veg om te verseker dat vroue en meisies veilig is en teen alle vorme van geweld beskerm word.
Daarom, Maties, moedig ons julle almal (alumni, personeel, skenkers en vriende van die US) aan om vir hierdie 16 dae betrokke te raak. Hoe kan julle dit doen? Help ons om die stemme van ons SWAN-aktiviste te laat weerklink wat vroue-organisasies ondersteun en feministiese bewegings versterk.

Begin vandag deur beeldmateriaal en boodskappe uit ons 16 Dae-veldtog verder te versprei.

Stel jy belang om 'n SWAN-lid te word? Klik hier om by SWAN aan te sluit. Ons sal jou koppel aan 'n netwerk naby jou.

Lees oor fenomenale Matie-vroue wat hul stories deel en besin oor die faktore wat hul reise beïnvloed het.

Is jy 'n buitengewone alumna wat werk vir geslagsgelykheid?

Deel jou storie met ons, om in ons volgende publikasie te verskyn. Rig asseblief jou e-pos aan Sindiswa Jamba by swan@sun.ac.za, en vertel ons (in 100 woorde of minder) wie jy is en hoe jou reis waarde tot hierdie poging kan toevoeg.
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.