Tuiskoms 2020
Die Universiteit Stellenbosch se vyfde Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni het tot ‘n einde gekom ná ‘n vyf-dag naweek met 19 verskillende geleenthede. Dan praat ons nog nie eers van al die Woordfees-aanbiedinge nie!
Dankie dat jy by ons aangesluit het. Dit was wonderlik om jou hier te hê.
- Klik hier vir ‘n reeks foto’s en “tag” gerus jouself en jou vriende.
Kom ons bly in kontak. As jy nog nie op ons Maties Connect-platform geregistreer is nie — waarvoor wag jy? Daar kan jy jou kundigheid deel, op hoogte bly van mede-Maties se doen en late en jou loopbaan bevorder.
Indien jy idees vir #MatiesTuiskoms 2021 het, wil ons graag van jou hoor. Deel dit gerus op die platform of stuur aan na alumni@sun.ac.za.
Die volgende paar maande sal waarskynlik baie uitdagings bied soos wat ons die Covid-19 virus, ekonomiese wisselvalligheid en ander dag-tot-dag struikelblokke in die gesig staar. Ek wens jou alle sukses toe met jou toekomsplanne en mag jy aanhou om uit te blink in jou gekose veld.
Always a Matie, Altyd ‘n Matie, Njalo yi Matie!
Kyk na ons foto-albums van die HomeComing & Family Weekend asook 'n video om die geleentheid te herleef.
Alle foto’s geneem by Henk Oets

CTCT Foto Grallery

Farm Style Dinner Foto Gallery

Langtafel Foto Gallery

Rugby Event Foto Gallery

Helderberg Veiling Foto Gallery

Metanoia Foto Gallery
