#Move4Food
“Om nie te weet waar jou volgende maaltyd vandaan gaan kom nie, is ’n werklikheid vir talle Suid-Afrikaners – ook universiteitstudente. Voedselonsekerheid op ons land se kampusse geniet min aandag, waarskynlik weens die opvatting dat mense wat aan ’n universiteit studeer.”— Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge
Die #Move4Food-fondswerwingsveldtog is in Augustus 2018 geloods met die oogmerk om fondse in te samel om die voedselsekerheidsinisiatiewe by die Universiteit Stellenbosch (US) oor drie jaar – van 2019 tot 2021 – te onderhou.
Ons het met die studenteleiers van 2018, 2019 en 2020 beraadslaag om verskeie inisiatiewe te loods om voedselonsekerheid op ons kampus deur middel van studentgedrewe fondswerwing aan te vat. Ons wil daarmee die prent van hongersnood onder US-studente verander.
Die veldtog was nog altyd en is steeds daarop ingestel om bewustheid oor die vraagstuk te skep, die stigma verbonde aan hongersnood uit te wis en ons gemeenskap saam te snoer op ’n manier wat daarvan sal getuig dat ons saamstaan.
Jou ondersteuning vir die #Move4Food-veldtog is ’n kragtige toonbeeld daarvan dat jy daartoe verbind is om jongmense se lewe en ons land se toekoms te transformeer. Klik hier om te sien hoe jou skenking elke dag ’n verskil in die lewe van US-studente maak.