Sluit by ons aan wanneer ons alledaagse onderwerpe in “Volwassenheid 101” bekyk – van hoe om jou belastingopgawe in te dien tot hoe om sinvol te netwerk. Die “How to”-reeks word deur ons eie alumni aangebied. Dit is nie nodig om alleen aan te sukkel nie. Gebruik die netwerk, raak betrokke, en word geïnspireer om nog meer te bereik. ’n Nuwe episode word op die laaste Donderdag van elke maand op Maties Connect vrygestel. Elke maand gee ’n alumnus wenke en voorstelle oor hoe om professioneel, finansieel, en persoonlik te groei. In die eerste episode deel Bobby Wessels – een van ons eie alumni – belangrike wenke oor hoe om jou belastingopgawe in te dien. Kry jou pen en notaboek gereed en kom luister na ons eerste geleentheid. Episode 1: How to do your taxes

#YAP: Die Universiteit Stellenbosch Jong Alumni Program (YAP)

Ons weet hoe belangrik netwerkvorming is in die ontwikkeling van ’n jong gegradueerde se loopbaan. Per slot van rekening, “jou netwerk is jou netto waarde”. Die Universiteit Stellenbosch het deurgaans merkwaardige gegradueerdes opgelewer wat suksesvol en invloedryk is in verskeie industrieë regoor die wêreld. Met so ’n ryk invloedryke netwerk wil ons geleenthede skep wat tot jou eerste beroep, jou tweede beroep en groei in ondernemersgees sal lei.Die Jong Alumni Program (YAP), wat in Augustus 2021 van stapel gestuur is, is ontwerp om gegradueerdes met mekaar te verbind en om ’n voortdurende verhouding tussen gegradueerdes en hul alma mater daar te stel. Deur netwerkgeleenthede en loopbaanontwikkelingsprogramme word gegradueerdes die nodige ondersteuning gebied en word ’n wedersydese verbinding met mekaar asook invloedryke alumni geskep.

Onthou hierdie datums

Een van die gesogte YAP-geleenthede is ons Wêreld van Werk-week, wat daarop gemik is om nagraadse studente en jong gegradueerdes in hul eerste beroep in te lig oor uitdagings in die werksomgewing en om hul idees rakende die werksopset uit te daag. Die Wêreld van Werk-week is ’n “stadsaal”-tipe loopbaaninligtingsgeleentheid waar jong alumni vrae kan vra, menings kan deel en die huidige stand van die sakewêreld onder die soeklig te kan bring.

Noudat jy die beroepswêreld betree het, soek jy moontlik na maniere om jou loopbaan te bevorder? In die tweede uitgawe van die Wêreld van Werk-week sal ons fokus op onderwerpe wat relevant is vir jong werkende professionele persone.

“Hoe Gemaak …”-reeks

Toe jy die eerste keer weg van die universiteit is, het jy straks vir ’n skatkis gewens waarin jy al wat “Volwassenheid 101”-inligting kon vind? Ons het net die platform daarvoor geskep! Ons “Hoe Gemaak …”-reeks bestaan uit verskeie episodes wat op ’n jong, werkende volwassene of nagraadse student gemik is. Op die laaste Donderdag van elke tweede maand sal ’n alumnus wenke en advies deel oor hoe om professioneel, finansieel en persoonlik te groei.

Jong Alumni Adviesraad

Om te verseker dat programme en geleenthede in alle streke in die beste belang van ons jong alumni aangebied word, sal ’n Jong Alumni Adviesraad gestig word.

Die Jong Alumni Adviesraad bestaan vir die volgende doeleindes:

  • Om jong alumni te dien en te ondersteun deur te verseker dat alle programme en kommunikasie getrou uitgevoer word.
  • Om die daadwerklike betrokkenheid van jong alumni te bevorder en vol te hou.
  • Om ’n toekomstige ontwikkelingsprogram vir die Jong Alumni Program te hersien en voor te stel.
  • Om ’n vrywilligerskomitee te stig wat toesig sal hou oor die uitvoering van streeksentrumgeleenthede.
  • Elke lid sal in staat wees om spesifieke programme en ondersteuning wat nodig is vir hul streek aan te beveel.

Stel jy belang om deel van hierdie adviesraad te wees? Kontak asseblief vir Ferdi van Dyk by dfvandyk@sun.ac.za.

Jong Alumni-netwerke

Waarookal jy jou in die wêreld bevind, ons het met die ontstaan van hubs en takke netwerkgeleenthede geskep. Jy kan by ’n hub-netwerk in jou streek aansluit en loopbaannetwerkgeleenthede bywoon. Besoek https://www.matiesalumni.com/tuis/?lang=afr om meer oor geleenthede in jou streek te wete te kom.

Young Alumni Programme (YAP)

4 Videos

BLY IN KONTAK

Word 'n spilpunt vir jou streek

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.